
A nee a, Facebook.
Wat is die storie met die vertalingsdiens wat my nuusstrook in ‘n geentalige gemors verander het?
Die sosiale media platform het spontaan begin om Afrikaanse inhoud te vertaal – met gevolge wat soms lagwekkend is!
Hierdie juweel dateer uit die Kersseisoen:

‘n Meer onlangse blapsie lyk so:

Ek weet nie wie vir die vertalingsblapse verantwoordelik is nie, maar daardie persoon of algoritme moet dit liewer laat staan. Alternatiewelik is daar hopelik ‘n taalguru wat die tyd en kennis het om die platform met vertalings by te staan.
Terwyl Facebook aan sy Afrikaanse woordeskat werk gaan ek my rekening se instellings só verander dat ek nie meer in ‘n volksvreemde Afrengels hoef vas te kyk nie.
So maak mens:
- Kliek op die pyltjie regs bo. Die pyltjie is langs die “help” vraagteken.
- Kliek op “Settings.”
- Kliek op “Language.”
- Kliek op “Which languages do you not want automatically translated?”
- Soek Afrikaans uit en klik daarop.
Daar’s hy.
Een taal op ‘n slag.
