School sportSport

Atlete presteer in strawwe kompetisie

Twintig atlete van Mpumalanga het verlede naweek in Pretoria aan die Gauteng Noord Interprovinsiale byeenkoms in Lynnwood deelgeneem. Dertien van die o/19-atlete was van Komatipoort Akademie afkomstig.

Twintig atlete van Mpumalanga het verlede naweek in Pretoria aan die Gauteng Noord Interprovinsiale byeenkoms in Lynnwood deelgeneem. Dertien van die o/19-atlete was van Komatipoort Akademie afkomstig.

Jan Engelbrecht, ook van Komatipoort, het in die veterane-kategorie deelgeneem. Volgens die twee afrigters, Jan (hardloop) en Marita Engelbrecht (swem), het die plaaslike atlete se harde oefening die afgelope agt weke reeds resultate gelewer. Die atlete is beduidend fikser as in vorige jare en die vereiste (hoër) standaard is nou reeds in Oktober bereik, iets wat gewoonlik eers in Januarie in die verlede bereik is. Drie nuwelinge in die groep getuig van groeiende belangstelling.

Die ander provinsies was goed verteenwoordig en die kompetisie was soos altyd straf. Van die land en wêreld se beste atlete in die swem/handloop-kombinasiesport het weer gewys dat tweekamp “nie vir sissies is nie”.

Jan Engelbrecht en Rio Badenhorst het medaljes huis toe gebring.

Die volgende interprovinsiale byeenkoms is in Januarie in Nelspruit. Belangstellendes kan die afrigters of Magda Stronkhorst skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button