Local sportSport

Span opgewarm vir Bondedag na wenne

Die manne het Maandag teen KwaZulu-Natal in Vryheid te staan gekom en welverdiend met 43-31 gewen.

Dit is die eerste keer in ses jaar wat die Pumas o/18-Cravenweek-span daarin kon slaag om twee opwarmingswedstryde voor die jaarlikse Bondedag te wen.

Die manne het Maandag teen KwaZulu-Natal in Vryheid te staan gekom en welverdiend met 43-31 gewen. Hulle het rustyd 24-12 agtergeloop. “Nederigheid en die samespel tussen voor en agter was die manne se wenresep. Ons verdediging was in die tweede helfte uitstekend en selfs die dissipline was puik. Ons het net twee strafskoppe in die tweede helfte afgestaan,” het die hulpafrigter, Gerhard Holtzhausen vertel.

Enkelspel en balle wat op die grond verloor is, was die span se probleem in die eerste 35 minute.

Met die Pumas se eerste wedstryd, het hulle die Blou Bulle maklik met 29-10 getroef. Oor twee weke toer die span na Sasolburg vir die Bondedag wat vanjaar deur die Valke aangebied word.

Puntemakers: Drieë: Monfundo Ndlovu (2), Marnus van der Merwe, Ideon van der Merwe, Cyprion Nkomo, Fana Ngwenya. Doelskoppe: Pieter Bekker (4), JC Pretorius (1). Strafskoppe: Bekker (1).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button