Local sportSport

Nelspruit veg voort in ligas

Die wintersportspanne het 'n suksesvolle seisoen beleef. Hier is hoe van hulle gevaar het.

Hoërskool Nelspruit (NHS) se atlete laat hulle nie onder kry nie, selfs al moet van die skool se sportspanne soms die knie buig.

Die wintersportspanne het ‘n suksesvolle seisoen beleef. Hier is hoe van hulle gevaar het.

NHS se seunshokkiespanne skitter in liga
Twee van Nellies se seunshokkiespanne het op 16 Junie aan die Mpumalanga-eindstryd op Curro Nelspruit College se bane deelgeneem. Die o/16A-span het die manne van Middelburg uitoorlê en met 2-1 geseëvier nadat hulle Penryn College 3-2 in die halfeindstryd geklop het. Die o/14A’s het Middies 2-1 in die halfeindstryd gewen.

Hulle het egter in die eindstryd teruggeveg en na ‘n strawwe stryd het die spanne 1-1 gelykop gespeel. Dié Nellies deel die titel as Mpumalanga-wenners met Hoërskool Middelburg.

Nellies veg kliphard in liga
Die hokkiedogters het onlangs hul staal in die Mpumalanga-uitspele wat op Hoërskool Rob Ferreira se velde plaasgevind het, gewys.

Die o/15A-span toon groot belofte en lê tans eerste in hulle groep nadat hulle Ligbron Akademie en Hoërskool Generaal Hertzog 1-0 laat les opsê het.

Die Nellies se eerste span, wat die derde plek in hulle groep beklee, het kliphard geveg maar 1-3 teen Hoërskool Ermelo verloor. Hulle het egter met nuwe veggees teruggekom en 1-1 gelykop teen Hoërskool Rob Ferreira gespeel.

Na ‘n 9-0 wegholoorwinning teen Hoërskool Kriel het die Nellies se o/16A’s 0-3 teen Hoërskool Secunda verloor en in die derdeplek ingeskuif. Die o/14A’s is tans vierde in hulle groep.

Nellies lewer talle Puma-spelers
Hoërskool Nelspruit se rugbyspelers het die skool trots gemaak deurdat ‘n totaal van 23 spelers, waar onder ses Cravenweek- en drie Grant Khomo-spelers, in provinsiale spanne opgeneem is.

Die Rhinos XV se haker, Marnus van der Merwe, is vanjaar vir die tweede opeenvolgende jaar tot die Cravenweek-span verkies, terwyl dié span se kaptein én onderkaptein ook leerders van NHS is.

Pumas

Dit is die eerste jaar wat Mpumalanga in stedelike en plattelandse spanne ingedeel is, wat behels dat makro- en grootskole onder stedelik val en alle klein of medium skole onder plattelands.

NHS-spelers wat by provinsiale spanne ingesluit is:
• Cravenweek: Coenie Kruger (kaptein), Wessel Muller (onderkaptein), Stefan de Jager, Marnus van der Merwe, Dewald Maritz en Ideon van der Merwe.
• O/18 Stedelik (SARU Akademie-week): JJ Beeby, Jandré Coetzee en Jaco Joubert.
• O/19A: Jochsa Cronjé, Eduan Engelbrecht, Hernus Pieters, Marnus Kruger, Hannes Aukamp en Francois Esselin.
• O/19B: Ricus Broodryk en Riaz Adebayo.
• Grant Khomo: Gerbrand Hurter, Stephan van der Bank en SP Muller.
• O/16 Stedelik (Noordvaal-week): Dylan Soderlund, Luke Cosmo en Gerald van Eeden.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button