Boktrui wink vir Faf, Vincent
Die Leeus, De Klerk en Koch wat as leenspelers vir die Stormers se Superrugby-groep op vaskopstut uitgedraf het, was groot aanspraakmakers in die reeks wat Saterdag tot 'n einde kom.

Die Pumas se twee blondekoppe, Faf de Klerk en Vincent Koch is deel van ‘n groep van agt spelers wat moontlik hul buiging in die Springboktrui op Nuweland kan maak.
Die Bokbreier, Heyneke Meyer het die afgelope naweek die 36 spelers aangekondig wat 11 Julie teen ‘n
Wêreld XV-tal in Kaapstad te staan kom. Die groep is vir die volgende vyf wedstryde in die aanloop tot vanjaar se Wêreldbekertoernooi gekies.
Die Leeus, De Klerk en Koch wat as leenspelers vir die Stormers se Superrugby-groep op vaskopstut uitgedraf het, was groot aanspraakmakers in die reeks wat Saterdag tot ‘n einde kom.
Die skrumskakel van die Johannesburgers was saam met sy familie toe hy die oproep van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie ontvang het om hom van sy insluiting tot die span mee te deel. “Dit was so lekker om sulke fantastiese nuus saam met hulle te kon deel. Ek voel ongelooflik geseënd om deel van so ‘n groep spelers te wees. Dit is vir my ‘n groot eer en een van my drome het waar geword.”
“My ma kon nie ophou huil nie,” vertel Koch. “Hulle is baie trots op my. Dit sal beslis ‘n uitdaging wees om myself in die groep te hou wat later vanjaar wêreldbeker toe gaan. Hopelik kan ek gou vir die eerste keer die Boktrui oor my kop trek.”
Vincent se broer, Divan Koch het ‘n boodskap gekryf:
Sjoe! Jy het geen idee wat hierdie dag vir my beteken nie. Ek en my boeta het saam gedroom toe ons nog baie jonk was!
Daardie oomblik toe ons Nelson Mandela die Web Ellis-trofeë aan Francois Pienaar oorhandig het, het ons net begin droom.
Ons het besluit ons gaan albei vir die Bokke speel en ons het nooit teruggekyk nie. Die feit dat ek deur al sy goeie oomblikke daar was, maar erger nog, al die teleurstellings soos beserings en as hy nie gekies word nie, maak die dag net soveel meer spesiaal. Hy het net nooit gaan lê nie. Ek het hom altyd bygestaan.
Vince se pad na die groep was beslis nie maklik gewees nie. Ek weet hoe hard hy gewerk het – hy was nog altyd nederig en na aan die Here. Hy verdien dit meer as enige persoon. En so het die belofte wat ons as kleuters gemaak het na 20 jaar waar geword.
