NHS deur na die eindstryd
In die eerste ronde van die uitspele het die Nellies se eerste span teen Curro Brakenveld te staan gekom en 'n wegholoorwinning van 8-0 behaal.

Hoërskool Nelspruit se hokkiedogters het die afgelope naweek die koue in Volksrust trotseer en geveg om ‘n plek in die halfeindstryd van die Mpumalanga-uitspele te bespreek, wat op 25 Julie in die Hoëveld plaasvind.
In die eerste ronde van die uitspele het die Nellies se eerste span teen Curro Brakenveld te staan gekom en ‘n wegholoorwinning van 8-0 behaal. Die tweede ronde het ook seepglad verloop en NHS het 4-0 met HTS Middelburg afgereken om hul plek in die halfeindstryd te verseker.
Die o/15A-span het 2-0 teen HTS Witbank gewen en 6-0 met Hoërskool Kanonkop afgereken en ook na die halfeindstryd deurgedring. Die o/16A en o/14A’s het teen HTS Ligbron en HTS Witbank meegeding en onderskeidelik 3-0 gewen en 1-1 gelykop gespeel.
