Local sportSport

Beter voorkoms vir Sabie danksy gholfdag

Altesaam 43 spelers in die dagveld en 33 in die aandveld het Saterdag by Sabie se buiteklub bymekaargekom.

Sabie dorp gaan een van die dae na die jaarlikse Sabie Chamber of Commerce and Tourism se dag/nag-gholfdag opgeknap word.

Altesaam 43 spelers in die dagveld en 33 in die aandveld het Saterdag by Sabie se buiteklub bymekaargekom.

“Dit was ‘n baie groot sukses gewees en al die geld wat ons op die dag ingesamel het, gaan ons gebruik tot die verbetering van ons dorp.

Dankie aan elkeen wat iets bygedra het. Ons het ‘n veiling gehad wat vier verblyfpryse deur Forever Resorts ingesluit het,” vertel Nicole Brummer van die sakekamer.

Hulle is baie aktief in die dorp en enigiemand wat graag betrokke wil raak, kan vir Debbie by 082-222-2204 of Joy by 082-493-3814 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button