Local sportSport

Koch kan moontlik die naweek sy buiging vir die Bokke maak

Die Springbokspan wat Saterdag teen 'n Wêreldpan uitdraf, is Woensdag bekendgemaak. Die veteraanslot, Vincent Koch kan moontlik vir die eerste keer die groen-en-goud oor sy kop trek.

Die Steval Pumas se vaskopstut, Vincent Koch is Saterdag op die reserwebank vir die Bokke se kragmeting teen ‘n wêreldspan op DHL Nuweland in Kaapstad.

Victor Matfield sal die Bokke aanvoer, met Warren Whiteley wat sy buiging vir die groen-en-goud sal maak. Jesse Kriel saam met Koch is die enigste ander twee spelers wat nog nie voorheen vir die Bokke uitgedraf het nie.

Jean de Villiers begin ook op die bank en kan moontlik later as impakspeler ingespan word. De Villiers was vir agt maande langs die kantlyn nadat hy ‘n kniebesering opgedoen het.

Die ander Puma, Faf de Klerk sal nie die naweek ‘n kans gegun word om sy stempel af te druk nie. Die breier van die Bokke, Heyneke Meyer het besluit om Ruan Pienaar op skrumskakel te begin met Cobus Reinach wat van die plaasvervangersbank sal opkom.

Faf de Klerk
Faf de Klerk sal nie Saterdag speelkans kry nie.

So lyk die span:

15. Willie le Roux

14. JP Pietersen

13. Jesse Kriel

12. Damian de Allende

11. Bryan Habana

10. Handré Pollard

9. Ruan Pienaar

8. Warren Whiteley

7. Marcell Coetzee

6. Francois Louw

5. Victor Matfield (k)

3. Eben Etzebeth

3. Jannie du Plessis

2. Bismarck du Plessis

1. Tendai Mtawarira

Plaasvervangers:

16. Adriaan Strauss

17. Trevor Nyakane

18. Vincent Koch

19. Oupa Mohoje

20. Schalk Burger

21. Cobus Reinach

22. Pat Lambie

23. Jean de Villiers.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button