Local sportSport

Impalas na 15 jaar in semi-finaal

Wat maak 'n wenspan? Volgens mnr. Ben Jordaan, agterlynafrigter van die Impalas, is dit die "een-groot-familie"-suksesresep.

KOMATIPOORT -Die manne in blou het tot dusver die hakskene vir die ander spanne in die liga gewys en speel vanjaar vir die eerste keer in 15 jaar in die semifinaal. Die laaste keer was in 2000.

Volgens Jordaan is dit die gesonde huishoudings waaruit die manne kom, hulle sterk Christelike beginsels, respek vir mekaar en die vertroue in die onderskeie spelers se vermoëns wat elke keer die deurslag gee.

Almal is dit eens dat die bestuur, afrigters en spelers, asook hulle gesinne ‘n tuiste by die klub gevind het. Die ondersteuning van die gemeenskap en borge spoor elkeen aan om sy beste te bied.

Die spelers werk op plase en ander bedrywe in die omgewing en selfs in Mosambiek, maar skroom nie on na ‘n lang dag vir oefening aan te meld nie.

Soms is dit bitter moeilik om ‘n volle span af te rig, maar wanneer daardie blou truie oor die kop getrek word, word daar soos een man saamgespeel… en die telbord maak nie foute nie.

In die verlede moes die afrigters Vrydagaande rondbel om ‘n span vir die Saterdag se wedstryd bymekaar te kry. Reis was soms onmoontlik en net punte is deurgestuur.

Die ouderdomme van die spelers wissel van 18 tot 36 met die oudstes wat nie net ondervinding nie, maar ook geduld na die spel bring. Die klub werk op ‘n rotasiebasis sodat almal ‘n geleentheid kan kry om te speel.

Die Impalas het verlede jaar teen Belfast verloor, maar is vanjaar oorgehaal om die beker Komatipoort toe the bring.

Sestig persent van die span is dieselfde as in 2014. Sommige van die spelers het op topvlak gespeel en hulle kennis het groot waarde tot die spel bygevoeg.

Eerskomende Saterdag kom hulle op die tuisveld teen Nelspruit Kudus te staan en in die eindstryd teen òf Ohrigstad òf Hazyview wat op 18 Julie ook op die Impalas se tuisveld gespeel word.

Mnr. Hannes Eloff is die voorspelerafrigter en het self al vir die klub uitgedraf.

Hy sê dat geen geld die liefde vir die sport, kameraderie en samesyn kan koop nie.

Alle oë is op die bloues. Kom ons ondersteun ons spogspan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button