Local sportSport

Jong karateka weer op pad na Las Vegas

Die Meyers vertrek aan die einde van Julie na Las Vegas. Die toernooi vind van 30 Julie tot 1 Augustus by Bally's plaas.

Rustige, stadige danspassies terwyl jy aan die Blou Bulle se vertoning van volgende seisoen dink? Nee, alles behalwe. Die inspanning wat dit kos om die bewegings korrek uit te voer laat jou nie toe om jou konsentrasie vir een oomblik te verbreek nie.

Jacobus Meyer is vir die tweede keer op pad na die Tang Soo Do Wêreldbyeenkoms, vanjaar in Las Vegas. Met sy eerste internasionale deelname het hy ‘n bronsmedalje verower en hoop om vanjaar die eerste plek op die podium in te neem.

Jacobus is na die Bloemfontein-toernooi in Oktober 2014 in kennis gestel om Suid-Afrika te verteenwoordig. “Ek sal in die volgende paar weke baie aan my fiksheid werk en veral my strategie agtermekaar kry.”

Sy ma, Martinette vertel dat hy as baba baie besig was en elke geleentheid gebruik het hom haar uit te put. “Ek moes heeltyd agterna hardloop. Ek het as skoolleerder karate beoefen en dié sport het my baie goeie dissipline geleer.” Sy vertel verder dat as klein baba het Jacobus alles uit ‘n boks gehaal en alles omgeskop. “Ek het geweet my kind gaan iets met sy voete doen, maar ek het nooit geweet dit gaan gevegkuns wees nie.

Ek het hom een aand oefening toe gevat om te sien of hy daarvan sal hou en drie maande later het ek hom by Wolves Martial Arts ingeskryf.”

Martial Arts
Wolves Martial Arts Facebook page.

Elke twee jaar word daar ‘n span gekies om Suid-Afrika by die wêreldbyeenkoms te verteenwoordig. Die aantal medaljes wat jy by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verower, bepaal of jy vir die insluiting in die span kwalifiseer al dan nie. “Ek hou van die skermoefening. Ek hou van die aksie en ek is altyd die een wat eerste aanval. Die vorm-gedeelte in die sport veg baie meer vaardighede.”

Jacobus het eers na drie jaar aan sy eerste kompetisie deelgeneem. “Die Laeveld-kampioenskappe was die eerste keer wat ek deelgeneem het. Ek wou eers emosioneel sterk genoeg wees voordat ek kompeterend wou deelneem.”

In 2013 is hy vir die eerste keer as deel van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingspan gekies. Daardie jaar was die span Nederland toe. “Ek het baie resprek vir my meesters, Awie en Xander. Hulle het my alles oor die sport geleer wat ek nou weet.”

Teen die einde van die jaar, sal Jacobus graag die swartbelt om sy middel wil draai. “Ek is trots op myself. Dit is vir my lekker en my ouers plaas geen druk op my nie. Ek voel dat ek as kind reeds baie gegroei en vermag het.”

Die Meyers vertrek aan die einde van Julie na Las Vegas. Die toernooi vind van 30 Julie tot 1 Augustus by Bally’s plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button