Penryn vierde in hul eerste T20-toernooi
Die eerste T20-kriekettoernooi in die Laeveld is onlangs deur Penryn College aangebied.

Die eerste T20-kriekettoernooi in die Laeveld is onlangs deur Penryn College aangebied.
Hoërskool Randburg en Northwood het in die eindstryd gespeel met die Johannesburgers wat met vyf paaltjies koning gekraai het. Penryn College het nie te sleg gevaar nie en het algeheel vierde geëindig nadat hulle in die halfeindstryd teen Hoërskool Alberton vasgeval het.
Thomas Andrews van Northwood het spesiale erkenning gekry nadat hy 182 lopies in vyf wedstryde aangeteken het. Daar is ook melding van Anijn Nagar gemaak wat agt paaltjies in die vyf wedstryde gevat het.
Die deelnemende skole was Penryn College, Alberton, Curro Nelspruit College, Northwood School, Randburg en Uplands College.
Galery: kyk hier na die aksiefoto’s: Randburg kicks-off bumper T20 season
