Local sportSport

Sleutelspelers keer terug vir Pumas

Alhoewel die Laeveldspan vanjaar sonder die staatmaker losvoorspeler Renaldo Bothma gaan moet klaarkom weens sy dienste vir Namibi ë in die Wêreldbekertoernooi, sal daar verseker staat gemaak word op die Superrugby-leenspelers wat hulle terugkeer tot die Pumas maak.

Die Steval Pumas se breier, MJ Mentz het die week sy 2015 Absa Curriebekergroep aangewys, net voor die span na Kaapstad vertrek het vir die laaste week van voorbereiding vir die gesogte  kompetisie.

Alhoewel die Laeveldspan vanjaar sonder die staatmaker losvoorspeler Renaldo Bothma gaan moet klaarkom weens sy dienste vir Namibi ë in die Wêreldbekertoernooi, sal daar verseker staat gemaak word op die Superrugby-leenspelers wat hulle terugkeer tot die Pumas maak. Corné Fourie, wat vir die Emirates Lions gespeel het sal weer op losskop diens doen terwyl Lubabalo Mtyanda, of te wel Giant, wat skitterende rugby vir die Cell C Sharks gespeel het, sal op slot sak.

Twee ander Superrugby-staatmakers wat huidiglik by die Springbokgroep betrokke is vir die 2015 Rugbykampioenskap, Vincent Koch en Faf de Klerk, sal egter eers later moontlik vrystelling deur Saru ontvang na die Wêreldbekergroep aankondinging laat in Augustus.

“Ons groep bestaan vanjaar voorwaar uit ‘n goeie groepering van ervare en jong spelers. Die feit dat ons die Vodacombeker vanjaar met hierdie talentvolle groep gewen het, maak ons kinderlik opgewonde vir die Absa Curriebeker. Ja, dit is totaal en al verskillende kompetisies en is ons duidelik bewus dat ons tweede jaar in die Premierafdeling, beslis nie kinderspeletjies gaan wees nie. Ons verwag geen minder as klip harde rugby, veral hier op “Fort Mbombela” nie.

In die laaste vyf weke het die groep baie hard gewerk en het ons daarom besluit om bietjie weg te breek van die normaal en besluit om ons laaste voorbereidingsweek in die Kaap te gaan doen. Afgesien van twee oefenwedstryde, 18 Julie teen die Westelike Provinsie in Franschoek en 22 Julie teen Boland Kavaliers in Wellington, sal ons ook oefen tyd geniet by die
“Sport Science Institute of South Africa” en oefen op Bishops Hoërskool se velde,” noem Mentz.

“Ons as bestuur en span sien baie uit na ons Absa Curriebekerseisoen wat op 7 Augustus hier in Nelspruit afskop teen die Cell C Sharks. Ons glo die rugbypubliek sal in hul duisende na die stadion stroom, om nie net hulle Pumahelde nie, maar ook die opponente se ster Superrugbyspelers in aksie te sien hier op plaaslike bodem. ‘Fort Mbombela’ gaan beslis sy naam gestand doen as die stadion waar ‘n rugbyoorlog Vrydagaand na Vrydagaand gevoer sal word. Op daardie noot herinner ons graag die rugbypubliek aan ons seisoenkaartjies wat slegs R360/volwassene te koop aangebied word en vir skoliere slegs R50 addisioneel.

Die 2015 Steval Pumas Absa Curriebekergroep is:

Vaskoppe: De-Jay Terblanché, Khwezi Mona, Vincent Koch

Hakers: Frank Herne, Jacques Momberg, François du Toit

Loskoppe: Corné Fourie, Sabelo Nhlapo, Simon Westraadt

Slotte: Marius Coetzer, Lubabalo Mtyanda, Rudi Mathee, Jannie Stander, Marco Kruger

Losvoorspelers: Brian Shabangu, Marnus Shoeman, Jaco Bouwer, Uzair Cassiem, JJ Breet, Jason Fraser, Lambert Groenewald

Skrumskakel: Sinovuyo Nyoka, Reynier van Rooyen, Johan Herbst, Faf de Klerk

Losskakel: Justin van Staden, JC Roos

Senters: Stefan Watermeyer, Hennie Skorbinski, Dewald Pretorius, Wilmaure Louw, Jerome Pretorius, Heinrich Steyl

Vleuels: Rosko Specman, Marcello Sampson, Bernado Botha, Ruwellyn Isbell

Heelagters: JW Bell, Hoffman Maritz
Tuiswedstryde vir die Steval Pumas op Mbombela Stadion:

7 Augustus: Cell C Sharks (18:00)

28 Augustus: Xerox Lions (19:00)

18 September: EP Kings (17:00)

3 Oktober: Toyota Cheetahs (13:15)

9 Oktober: Vodacom Blou Bulle (18:00)

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor en ook by die Stadion beskikbaar.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button