Local sportSport

Impalas sorg vir ‘n tuisfinaal

ie span is slaggereed en honger genoeg om as oorwinnaars in dié liga die seisoen mee af te sluit.

Die Impalas het verlede naweek, met nog ‘n wegholoorwinning, hierdie keer teen Nelspruit, vir ‘n eindstryd op hul tuisveld eerskomende Saterdag gesorg.

Die span is slaggereed en honger genoeg om as oorwinnaars in dié liga die seisoen mee af te sluit.

Dit was ‘n opwindende wedstryd teen Nelspruit en die telbord se 47-3 in Komati se guns, het sy eie storie vertel.

Die voorspelers se spel was uit die boonste rakke, met sterk skrumwerk en kontakrugby sonder enige vuilspel.

Die senterpaar Frikkie Odendaal en Ruan Minnaar, was net een te veel vir Nelspruit.

By tye het dit gelyk asof die stadsmanne te min spelers op die veld gehad het teen die spoed wat die manne in blou oor hulle gestoomroller het.

Die Impalas se dissipline was soos altyd uitstekend en die spel kon lekker vloei, wat dit pure rugbygenot vir die toeskouers gemaak het.

Met spel soos dié kan Komatipoort dalk binnekort te min sitplek hê vir al die ondersteuners.

Die eerste drie is deur Francois Labuschagne en Dirk Prinsloo aangeteken en Ruan Prinsloo het dit met twee drieë opgevolg. Ruan Minnaar en Frikkie Odendaal het nie op hulle laat wag nie en ook elk vir hulle span deurgebreek om die puntetal die hoogte te laat inskiet. Chris Botha het ‘n goeie bydrae tot die oorwinning gemaak.

Die 17 punte met sy skopskoen – ‘n skep-, doel- en drie strafskoppe – het die deurslag gegee. Nelspruit moes met ‘n karige drie punte wat deur ‘n strafskop aangeteken is, tevrede wees.
Die finale wedstryd teen Ohrigstad sal eerskomende Saterdag om 15:00 begin. Soos altyd, sal verversings te koop wees en daar sal ‘n kinderhoekie wees om die kleinspan besig te hou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button