Laevelder nou deel van rolbaltoernooi
Sedert 1959 word die jaarlikse kompetisie deur LVCC aangebied en sal vanjaar op 8 en 9 Augustus wéér op die grasveld gehou word.

Die bekende plaaslike rolbaltoernooi trek vanjaar ‘n nuwe baadjie aan. Dit staan van nou af as die Laevelder Rolbaltoernooi bekend.
Sedert 1959 word die jaarlikse kompetisie deur LVCC aangebied en sal vanjaar op 8 en 9 Augustus wéér op die grasveld gehou word. Vir die wat die verdedigende kampioene, Malcolm Tyreman en sy span wil kom pak, moet nie vanjaar se kompetisie misloop nie. “In die vroeë jare is dit baie goed ondersteun deur klubs so ver as Gauteng en Pietersburg. Vir die afgelope paar jaar is dit merendeels spanne van die Laeveld wat deelneem. Daar is baie klubs in die omgewing soos Witrivier, Barberton, Malalane, Sabie, Lydenburg, Waterval Boven en Hazyview om ‘n paar te noem,” sê sê Gerrie Swanepoel van LVCC.

Tussen 24 en 26 spanne neem oor die twee dae deel. Jy hoef nie aan ‘n klub te behoort om saam te speel nie. Die kostes beloop R800 per span. Mits jy graag wil inskryf, besoek www.lowvelder.co.za vir die inskrywingsvorm.
Navrae: Gerrie Swanepoel by 082-900-0790 of gerrieswan@vodamail.co.za of skakel vir Toekie Botha by 082-973-2593 of bouscha@vodamail.co.za
Trofeewenners
2013 – Witrivier
2012 – Nelspruit
2011 – Malalane
2010 – Barberton
2009 – LVCC
2008 – LVCC.
