Local sportSport

Plaaslike speler trek dalk Springboktrui oor sy kop

Sou Vincent Koch sy debuut as vaskopstut die naweek vir die Springbokke teen die All Blacks maak, sal hy die 868ste Bok wees.

Sou Vincent Koch sy debuut as vaskopstut die naweek vir die Springbokke teen die All Blacks maak, sal hy die 868ste Bok wees.

Alhoewel Koch twee naweke gelede teen ‘n Wêreld XV-tal die trui oor sy kop getrek het, is die naweek se wedstryd op Emirates Airline Park sy eerste toetsbuiging. Die 23 spelers is Woensdag in Johannesburg aangekondig met dié Steval Puma wat op die plaasvervangersbank is. Jannie du Plessis is deel van die beginspan.

Springbokke
Gelukwensing op sosiale media.

Die Bokbreier, Heyneke Meyer het groot lof vir die speler. “My en Vincent se paaie het vir die eerste keer gekruis toe ek uitgehelp het by Tukkies en hy in hulle Varsitybeker-span was.

“Hy was toe nog ‘n loskopstut, maar ek het hom al sedertdien hoog aangeslaan. Hy het my beïndruk as baldraer en was groot, sterk en vinnig, wat hy steeds vandag is.

“Sy skuif Pumas toe het hom as speler meer volwasse gemaak, want hy het baie meer wedstrydtyd gekry op ‘n hoër vlak. Dieselfde het gebeur toe hy Stormers toe is. Hy het intussen oorgeskuif vaskopstut toe en het sy spel na ‘n ander vlak geneem deur weekliks teen die bestes in die wêreld te speel. ”

“Skrumwerk het as’t ware ‘n nuwe sterkpunt geword, sonder dat dit sy algemene spel enigsins beïnvloed het. Ek weet hy kan dit na die volgende vlak toe neem en is baie trots op wat hy bereik het deur nie op te gee op sy droom nie en aan te hou hard werk.”

So lyk die span wat Saterdag teen die All Blacks uitdraf:

Spanlys
Springbokke.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button