Local sportSport

Pumas reg vir Curriebeker

Boland was vuur en vlam in die tweede helfte met twee drieë wat die gaping verklein het en na 60 minute was die telling 24-19.

Dit het Woensdagmiddag Pumadrieë in die Kaap gereën. Die Steval Pumas het met hul laaste opwarmingswedstryd voor die afskop van die Absa Curriebekerreeks op 7 Augustus, die Boland Kavaliers met 38-19 ore aangesit.

Dit was die span se tweede kragmeting in die Kaap. In hul eerste, Saterdag het hulle die DHL Westelike Provinsie 19-6 geklop.

Die tuisspan het die eerste vyfpunter van die kragmeting aangeteken, maar kort voor lank het die Pumas se JJ Breet agter die doellyn gaan kuier. Jason-Colin Fraser en Jaco Bouwer het ook voor rustyd drieë gedruk en die telling na 24-5 in die besoekers se guns aangeskuif.

Steval Pumas
Jaco Bouwer.

Boland was vuur en vlam in die tweede helfte met twee drieë wat die gaping verklein het en na 60 minute was die telling 24-19.

Vyfpunters deur Bernado Botha en Marnus Schoeman was genoeg om die Pumas se oorwinning te verseël. Die losskakel, Justin van Staden het net twee skoppe deur die pale gemis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button