Local sportSport
Groot eer val plaaslike afrigter te beurt
Hy is onlangs as breier van die Suid-Afrikaanse Kadetspan vir die wêreldkampioenskappe gekies.
Nelspruit Stoeiklub se erkende en ervare afrigter, Hansie Kruger is eersdaags op pad na Sarajevo, Bosnië.
Hy is onlangs as breier van die Suid-Afrikaanse Kadetspan vir die wêreldkampioenskappe gekies.
“Dit is ‘n groot eer om as afrigter gekies te word. Dit behels jare se afrigting en baie harde werk om op te tree as afrigter,” sê Kruger.
Die span vertrek op 21 Augustus en sal vroeg in September terugkeer huis toe.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

