Vroue geniet hulself terdeë op die golfbaan
Die derde jaarlikse Solheimbekertoernooi vir Onderbergse dames was weereens ‘n groot sukses. Altesaam 20 vroue het by Kambaku Gholfklub deelgeneem. Die twee spankapteine was Ronelle Putter en Roenel Basson. Hulle elk het 10 spelers se name ‘n maand gelede uit die hoed getrek en moes spankombinasies opstel en motiveer. Ronelle Putter se span, die Polka Dots (blou/pienk), …
Die derde jaarlikse Solheimbekertoernooi vir Onderbergse dames was weereens ‘n groot sukses. Altesaam 20 vroue het by Kambaku Gholfklub deelgeneem. Die twee spankapteine was Ronelle Putter en Roenel Basson. Hulle elk het 10 spelers se name ‘n maand gelede uit die hoed getrek en moes spankombinasies opstel en motiveer. Ronelle Putter se span, die Polka Dots (blou/pienk), het bestaan uit Shani Swanepoel, Lizette Barnard, Janette Maritz, Susan Baird, Ester Britz, Karien Greyvenstein, Candice Delport, Annelie Viljoen en Daniel Bosh. Roenel Basson se span, die Loslappies (rooi/groen), se lede was Rose Powell, Tarryn Maritz, Magda Stronkhorst, Amanda Basson, Martinette van Dyk, Anette Balcomb, Nadia Goncalves, Jean-Mari Wilken en Nickey van Veijeren. Die toernooi is oor twee dae gespeel. Vrydag 18 September was ‘n bestebalputjiespel waarin die Loslappies voorgeloop het met 3-2. Saterdag het hulle vroeg in koue, reënerige weer afgeslaan vir ‘n beurtputjiespel. Die Polka Dots het hul swaai geken en 4/1 gewen. Namiddag was dit tyd vir die enkelspel wat 10 punte getel het en die Loslappies moes alles in die stryd werp om in te haal. Laasgenoemde het hulself oortref en met 6/4 geseëvier, wat die totale telling op 10/10 elk te staan gebring het. Die twee spanne het dus die Ronelle Putter-wisseltrofee gedeel. Ten spyte van die gure weer het al die vroue die naweek terdeë geniet. Daar heers ‘n positiewe gees onder die spelers en die kapteine glo dat die Solheimbekertoernooi jaarliks van krag tot krag sal groei. Buiten die deelnemers was daar nog heelwat vroue wat nie ‘n beurt gekry het om te speel nie.
