Local sportSport

Voormalige Pumaspeler positief oor die toekoms ondanks besering

Die losskakel, JC Roos het nooit gedink hy sal die Laeveld op só 'n wyse groet nie.

MBOMBELA – Hy het sy laaste wedstryd vir die Steval Pumas teen die Cell C Sharks in Durban gespeel en die veld met ‘n geskeurde kruisligament verlaat. Roos, wat 65 keer in die pienktrui uitgedraf het, sluit volgende jaar by die OP Kings aan. “Ek het onmiddellik geweet iets is nie lekker nie, maar tog het ek gehoop die besering is nie te erg nie. Daar is soveel emosies wat deur jou kop maal en dan is daar nog die fisiese pyn…”

Die voormalige Springbokkaptein, Jean de Villiers wat sy uittrede uit Springbokrugby aangekondig het nadat hy sy kakebeen wéér gekraak het, is ‘n groot inspirasie vir Roos. “Dit voel asof ek alles waarvoor ek gewerk het verloor het en nou sal ek van voor af moet begin, maar ek weet die Here is my hand van beskerming en Hy sal my sterker as ooit vantevore terug na die veld bring. ‘n Mens kan nie anders as om positief te bly nie. As professionele speler kan ek nie negatief wees nie, want dit kan moontlik my loopbaan skade aandoen. Kyk na iemand soos Jean (de Villiers) – hy is al deur soveel beserings in sy lewe en het elke keer teruggekom. Hy is emosioneel sterk en daar is soveel rugbyspelers wat na hom opkyk.”

JC-Roos (Small)

Die Pumas het sedertdien vier wedstryde verloor en hul grooste loesing verlede Saterdag in Kaapstad teen die DHL Westelike Provinsie beleef toe hulle met 50-19 verslaan is. “Dit is nie lekker om te sien jou spanmaats kry seer nie en jy kan niks doen om hulle te help nie. Ek ondersteun hulle en wens hulle alle sterkte toe vir die res van die seisoen.” Roos het reeds vanjaar 59 punte met sy skopskoen vir die Pumas aangeteken en sien uit na die toekoms in Port Elizabeth.

“Ek het twee dae na my operasie met rehabilitasie begin en ek is baie tevrede met die vordering wat ek tot dusver gemaak het.

“Ek gaan die mense saam met wie ek gewerk het baie mis en dit was ‘n voorreg om deel van hulle te kon wees. Dankie aan elke speler, maar vir eers moet ek groet.”

Lees meer oor Roos:

Steval Pumas skud hul vere reg voor Vodacomkragmeting

Breier baie opgewonde oor die Pumas talent

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button