Local sportSport

Steval Pumas wil op hoë noot uit stryd tree

Vir 'n paar van die Steval Pumas was Dinsdag se laaste amptelike spanoefening van die jaar, 'n emosionele een.

Dit is nou spelers soos Marius Coetzer wat uittree en wat ook Vrydagaand in sy 100ste wedstryd teen die Blou Bulle op Mbombela Stadion uitdraf, asook spelers wat groener weivelde gaan soek soos Faf de Klerk, JC Roos, Corné Fourie, Uzair Cassiem, Jason-Colin Fraser en Stefan Watermeyer.

JC Roos.
JC Roos.

“Ons wil ons laaste wedstryd op ‘n hoë noot afsluit. Daar is soveel spelers wat diep spore in Pumasrugby getrap het – nie net dié wat klaarmaak nie, maar ook dié wat aanbeweeg. Een en elkeen wil net hulle beste wedstryd vir die Pumas speel,” het die breier van die Pumas, MJ Mentz tydens ‘n perskonferensie gesê.

Die haker Francois du Toit vervang vir Frank Herne wat terugskuif bank toe met Rudi Mathee wat in die plek van Coetzer begin. “Swys het goed gedoen toe hy Saterdag van die bank af opgekom het, veral sy impak in die skrums en baldra-kontaksituasies. Sy ingooie is vir ons ‘n probleem, maar hy het hard gewerk en hy is vol selfvertroue.”

Dylan Petersen, oud UJ-kaptein, kan sy buiging vir die Pumas maak met die dat Jaco Bouwer met ‘n gekraakte wangbeen sit.

“Ons moes na die volgende speler begin kyk het. Dylan was geduldig en het sy kans afgewag. “Hy is baie honger en hy het ongelooflik hard gewerk.”

Die heelagter, JW Bell sal nie in die Pumas se laaste wedstryd speel nie weens ‘n graad-twee skenkelseningbesering.

Hoffmann Maritz begin weer op heelagter, Jerome Pretorius op buitesenter en Bernado Botha skuif op regtervleuel in.

Mentz is nie gelukkig met die verloop van die seisoen nie, maar voel ook dat hulle niks het om Vrydag te verloor nie. “Ons is baie beter as die 16 punte op die punteleer. Met die dat daar niks druk op ons is om die halfeindstryd te haal nie, gaan die Bulle ons druk om punte te kry vir ‘n halfeindstryd. Ons wil nie onnodige druk op onsself sit nie. Ons wil die bal rondgooi en aantreklike rugby speel.”

Pumas
1. Corné Fourie
2. Francois du Toit
3. Vincent Koch
4. Giant Mtyanda
5. Rudi Mathee
6. Marnus Schoeman
7. Uzair Cassiem
8. Jason-Colin Fraser
9. Faf de Klerk
10. Justin van Staden
11. Rosko Speckman
12. Stefan Watermeyer
13. Jerome Pretorius
14. Bernado Botha
15. Hoffmann Maritz.

Plaasvervangers
16. Frank Herne
17. De-Jay Terblanche
18. Marius Coetzer
19. Dylan Petersen
20. Reynier van Rooyen
21. Hennie Skorbinski
22. Wilmaure Louw.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button