Local sportSport

Laeveld vroue behaal gemengde welslae

Die seniorvroue korfbalspan kon van hulle opponente ore aansit.

‘n Fees van korfbal het verlede week op Uvungo in KwaZulu-Natal toegesak, en nie eens die wile wind kon die spelers se geesdrif blus nie.

Die Mpumalanga Laeveld se seniorvrouekorfbalspan het gemengde welslae by die inter-distrikstoernooi beleef.

Die span kon drie van hulle wedstryde wen, en het vier verloor.

Hulle kon die tuisspan, KZN met 32 doele teenoor 18 oorrompel.

Gert Sibande moes met 38 doel teenoor 34 die knie buig. Ekurhuleni Noord kon net 20 doele teenoor die Laeveldspan se 28 aanteken.

Teen die ander spanne was die Laevelders ongelukkig.

WP het hulle met 22 teenoor 12 oorwin, Fezile Dabi kon 32 teenoor hulle 20 doele aanteken en Sedibeng B se 24 doele was te veel vir die Laevelders se 18.

Hulle grootste nederlaag van die week was teen Sedibeng A wat Laeveld se 16 doele met 48 doele kon troef.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button