Sport

Bulletjies spook dit uit op die groot veld

Voor die Bulle die Pumas verlede Vrydag aangepak het, was dit eers tyd vir die kleiner garde om hulle slag tydens die Ricoh Raakrugby-toernooi op Mbombela Stadion te wys.

Voor die Bulle die Pumas verlede Vrydag aangepak het, was dit eers tyd vir die kleiner garde om hulle slag tydens die Ricoh Raakrugby-toernooi op Mbombela Stadion te wys. Curro Nelspruit en laerskole Witrivier, Laeveld, Nelspruit, Sabie en Numbi, asook twee ontwikkelingspannetjies het vanjaar deelgeneem. Vier-en-twintig wedstryde van 10 minute elk was nie genoeg om dié 15 spanne se spoed te breek nie.

Die hoofveld is in vier verdeel wat die platform vir vier wedstryde gebied het om gelyktydig plaas te vind. Wen of verloor het nie op só ‘n dag getel nie, maar deelname. Die geleentheid om op Mbombela Stadion se veld te speel en hulle liefde vir die spel verder te ontwikkel, was wat saak gemaak het.

Wat deelname en ondersteuners betref, sê organiseerders dat die dag ‘n reusesukses was. Die voorbereiding van die hoofborg, Ricoh en insette van die unie het tot dié goed georganiseerde toernooi bygedra. Mpumalanga Rugby-unie het te alle tye hul ondersteuning aangebied. Die gevolg was dat verskeie Pumasspelers en hul gelukbringer, Pumaki op en langs die veld was om die kinders te vermaak. Die opgewondenheid op die knapies se gesigte was beslis ‘n hoogtepunt. Dit was ‘n eerste en die unie het, volgens Hendry Matonsi, aangedui dat hulle dit graag sal wil uitbrei om meer wedstryde, kinders en skole te betrek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button