KMIA-wedren lok vanjaar meer ryers
'n Wonderskone natuurtoneel met 'n uitdagende roete het Saterdag 132 fietsryers by Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (KMIA) laat saamdrom vir hul tweede bergfietswedren.

‘n Wonderskone natuurtoneel met ‘n uitdagende roete het Saterdag 132 fietsryers by Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (KMIA) laat saamdrom vir hul tweede bergfietswedren.
Daar was ‘n volle 90 meer inskrywings as verlede jaar se 42 ten bate van Dwaleni Care Givers.
Die roete het om die lughawe gestrek en het die ryers die geleentheid gebied om die aanloopbaan en lughawe van ‘n heel ander hoek te besigtig.
Die jongste deelnemer van die dag was Hennie Botha (7) wat die 30km-afdeling met mening aangepak het.
Die wenner van elke kategorie het weggestap met prysgeld en die wenners van die 30km-wedren is elk met ‘n wisseltrofee beloon.
Die lughawe sprei volgende jaar sy vlerke met ‘n langer en meer uitdagende roete vir die meer kompeterende fietsryers. Hulle beoog ook om dieselfde baan vir die drafroete te gebruik.
Die uitslae is soos volg:
• Cockpit 30km: Manswenner: JP Moller met ‘n tyd van 1:25.
Vrouewenner: Allison Emery met 1:37.
• Cabin Crew 15km: Manswenner: Justin Hallime met 53 minute.
Vrouewenner: Lynette Pretorius met 1:10.
• Wings vyf kilometer: Algehele wenner: Sharn Friend wat die wedren in 18 minute voltooi het.










