Impalase sterre word vir harde werk beloon
Impala Rugbyklub het hul afsluiting Vrydagaand, 16 Oktober by die Buffel Hotel in Hectorspruit gehou
Impala Rugbyklub het hul afsluiting Vrydagaand, 16 Oktober by die Buffel Hotel in Hectorspruit gehou.
By die geleentheid is spelers wat uitstekend presteer het, vir hul harde werk vereer. Vanjaar was ‘n goeie jaar vir dié span aangesien hul deurgaans boaan die punteleer gebly en die seisoen as ligawenners geëindig het.
Dit het baie toewyding en oefening gekos, maar die vrug daarop was soet.
Elke speler, sowel as die afrigters het ook as ligawenners ‘n medalje ontvang. Ben Jordaan, een van die afrigters het ook sy dank teenoor Corridor Gazette betuig vir die goeie blootstelling wat hulle gegee is.
Toekkennings van die jaar
Speler van die jaar: Frikkie Odendaal
Voorspeler van die jaar: Tiaan Fourie
Agterspeler van die jaar: Tiaan Nel
Die meeste drieë: Frikkie Odendaal
Spelers se speler van jaar: Tiaan Fourie.
Daar is ook drie trofeë oorhandig vir
persone wat spesiale bydraes tot die
klub gelewer het:
Michelle Janse van Rensburg
Dirk le Roux
Adelle Eloff.
