Skopboksers handhaaf ‘n hoë standaard by provinsiale proewe
Die Mpumalanga Skopboksspan vir 2016 is die afgelope naweek in Witrivier beslis.

Die proewe het Saterdag by die Witrivier Skopboksklub plaasgevind waar meer as 70 deelnemers vir ‘n plek baklei het.
Atlete van Barberton Extreme Kickboxing, Middelburg XKT, SKA Secunda, Wolves Martial Arts Mbombela, Nelspruit Skopboks en Witrivier het hier deelgeneem.
“Die span is volgens die atlete se gewigsafdeling en op meriete bepaal. Om tot die span verkies te word, moes boksers baie goeie verdediging getoon het asook goeie aanvalstegnieke en fiksheid. Jy moet onder die topdrie vegters in jou ouderdomsgroep geëindig het. Die veiligheid van vegters is baie belangrik, daarom word dit baie streng beoordeel,” het die afrigter van Witrivier, Drikkie van Staden gesê.
Van Staden saam met Brandt Ehlers, Awie Davis en Pieter de Klerk was deel van die beoordelaars.
“Hulle het met goeie gesindheid deelgeneem en die standaard is vinnig besig om te verbeter.
“Ek wil graag elke afrigter, ouer, betrokkenes en deelnemer bedank. Sonder julle is só suksesvolle byeenkoms onmoontlik. Ek sien baie uit na 2016. Dit gaan ‘n besige jaar wees.
“Ek is vol vertroue dat ons vriendskap in dié sport sal groei en dat ons vegters net nog beter prestasies in die toekoms gaan behaal.”
Die volgende toernooi wat op plaaslike bodem plaasvind, sal waarskynlik in Mbombela in Maart wees en die Mpumalanga-span sal aan die begin van Mei aan die Suid-Afrikaanse Skopboks Vereniging-byeenkoms in Pretoria deelneem.
So lyk die span vir 2016:
Ruan Jordaan, André Viljoen, Rymert Spreeth, Tiago Bello, Antonie Hattingh, Reghardt Ungerer, George Viljoen, Jacobus Meyer, JG Pansegrouw, Sebastiaan Boshof, Jaco Cornelius, Adeon Anderson, Tiaan Schwirzer, Marco Bello, Francois Botha, Bowen Kruger, Wesley Grobler, Jakkie Goosen, Jose Ehlers, Duwal Coetser, Gerhard van Tonder, Zander Geyer, Wimpie van der Merwe, Dyllan Whitfield, Christopher Wilken, Wikus Ludeke, August Hennsa, Daniella Bello, Mia Vermeulen, Eagan Kruger, Nicole van Tonder, Charne Schwirzer, Charlise Ludeke, Leche Wright, Carmen Bronkhorst, Caren Kruger, Petro van Staden. Elmarie Cornelius, Linda van Staden, Tommy Eckly en
Sanja Beneke.


