Local sportSport

Impala wen besoekende krieketspan maklik

Impala het Mosambiek se eerste krieketspan verlede week met vier paaltjies gewen.

Ten spyte van sporadiese reënbuie wat die afgelope twee naweke klubkrieketwedstryde in die wiele gery het, in die Ehlanzeni Premierliga is volle swang.

Die agtste ronde van die jaarlikse liga het die afgelope naweek plaasgevind.

By Lowveld High School het Impala 1 Mosambiek 1 met vier paaltjies gewen. Mosambiek het eerste gekolf en kon 109 lopies aanteken.

Syed Shah, Mosambiek se kaptein en aanvangskolwer het vir sy span uitgeblink. Hy kon 59 lopies aanteken en drie paaltjies in sy ses beurte vat. Senthil Venugopal het ook drie paaltjies geneem in sewe beurte vir 30 lopies.

In antwoord het Marco Craven Impala se kolfbeurt geopen en kon hy 47 lopies aanteken. Sy openingsmaat, Norman du Toit kon self 14 aanteken, terwyl Nimrod Smit 21 lopies gemaak het.

Dewet Kotze, Morné Swart, Alwyn Viljoen en Deon Viljoen kon elk twee van Mosambiek se paaltjies plattrek. Bradley Neil wat op nommer vyf ingekom het met die kolf, en met ‘n sewe nie-uit-nie geëindig het, het ook ‘n paaltjie platgetrek in die engiste beurt wat hy geboul het, en het slegs een lopie afgestaan. Impala kon met slegs ses paaltjies plat, hul 110de lopie in die 18de aanteken om die wedstryd te wen.

  • Impala 1 speel vandag gasheer vir LVCC 1 by Lowveld High, Mosambiek pak Malekutu by Valencia en Nelspruit en Witrivier speel by Hoërskool Bergvlam.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button