Local sportSport

Nou durf sy afrigting aan

Karlien van Heerden het haar Olimpiese droom in 2008 met 0,16 sekondes gemis.

Op Vrydag, 11 Maart 2005 het die 25-jarige Karlien op die agterblad van Laevelder gepronk. Sy het geskiedenis gemaak deur die eerste Mpumalanga-swemmer te word wat vir vyf items in die Senior Nasionale Kampioenskap gekwalifiseer het. As 14-jarige het sy vir die sewende agtereenvolgende jaar vir die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskap deurgedring.

Tien jaar later het sy nie haar droom bereik nie, maar leef nou ‘n ander droom as afrigter van Curro Nelspruit Swemakademie.

2007 Lev 3 (Small)

“Dit is ‘n hoofstuk in my lewe wat ek afgesluit het. Ek het die Olimpiese Spele ‘n go gegee, en nie daarby uitgekom nie. Al wat ek wou doen, is om my land by die Spele te verteenwoordig. My doelwit was die 2012 Spele in Londen en ek het dit amper reggekry om dit vier jaar vroeër te doen.”

In gr. 9 het sy by die Hoëprestasiesentrum by Tuks begin.

“Dit was ‘n groot aanpassing. Ek moes my plaaslewe vir ‘n stadslewe ruil. Die oefening was strawwer.” Sy het die victor ludorum-trofeë in 2003 tot 2005 by die Mpumalanga Kampioenskap verower. Van 2005 tot 2008 het sy aan vlak drie deelgeneem waar sy verskeie finale en selfs podiumplekke behaal het. By die Speedo Prestige-gala is sy as die beste deelnemer in haar ouderdomsgroep van 2005 tot 2009 aangewys. Tussen 2006 en 2010 by die Nelspruit Northern Tigers Kampioenskap was sy die top-senior swemmer. In Sheffield, Engeland by die Britse Kampioenskap in 2007 het sy ‘n eerste plek in die 400- en 200-meter individuele wisselslag (IW) en ‘n brons in die 200-metervryslag om haar nek gehang. Sy het haar land in 2008 by die Junior Statebond Spele in Indië verteenwoordig waar sy ‘n vierde plek in die 200 meter IW gekry het.

2008 011 (Small)

Tydens die Senior Kampioenskap in 2009 het Van Heerden gesukkel om haar persoonlike beste tye te swem. “Ek het altyd 100 persent of niks gegee nie. Ek het begin om aan ope-waterkompetisies deel te neem om nie so seer op tye te fokus nie.

“In 2011 het ek ‘n 10 kilometer-opewater geswem, die Sondag die Midmarmyl en die volgende dag ‘n drie kilometer. Hier het ek ‘n skouerbesering opgedoen wat my gedwing het om my swemdroom op te gee.”

Tussendeur die swem, het sy in 2009 “Learn to swim” by Annette Ross gedoen en die volgende paar jaar ook haar liefde vir afrigting beoefen. Van Heerden het haar honneurs in sportwetenskap in 2013 voltooi.

Picture 184 (Small)

“Ek hou van die sport en dit laat my tick. Ek het besluit om al my aandag aan afrigting te bestee.

“Dit is lekker om voltyds by my swemmers te wees en ek gee 100 persent vir hulle. Ek het ‘n passie vir wat ek doen, omdat ek analities is. Die ervaring wat ek oor die jare opgedoen het, tel in my guns en dit wat nie vir my gewerk het nie, kan ek nou reg doen.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button