Local sportSport

Rugbyheld gesels met die manne

Rugbygeesdriftiges het die tyd wat hulle Donderdagaand by Ingwenyama Conference & Sports Resort in die geselskap van rugbylegende, Bob Skinstad deurgebring het, terdeë geniet.

Die heer, kampioen, kaptein en skollie soos wat hy ook bekendstaan, het die mense op die punt van hulle stoele gehad met antwoorde op die vrae wat gaste vooraf aan hom kon stuur. Hy voel dat ‘n buitelandse afrigter goed sal werk in die Springbok-kamp en dat die kwotastelsel goed vir die spelers van ons land is. Die leë stadions tydens Curriebekerwedstryde kan aan die feit toegeskryf word dat spanne nie genoeg drieë druk nie en meer opwindende rugby sal moet speel.

IMG_5841 (Small)

Die gaste is met ‘n heerlike spitbraai bederf en kon saam met dié figuur van SA Rugby kuier. “Dankie vir al die betrokkenes en ons gaste. Dit was ‘n fantastiese aand en sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie. Ons beplan om weer ‘n kuiersessie saam met Bobby in die nabye toekoms te reël,” het die hoofbestuurder, Martin Tychsen gesê.

Skinstad is sonder twyfel een van die talentvolste losvoorspelers van Suid-Afrika. Hy het die Bokke in 12 van sy 47 toetse as kaptein aangevoer en was deel van die Wêreldbekertitel in 2007. Hy was in 1998 as die Suid-Afrikaanse Rugbyspeler van die Jaar genomineer en in 1997 is hy as jongspeler van die jaar aangewys.

IMG_5842 (Small)

‘n Paar vinnige feite
• Posisie: Agtsteman (29) en vleuel (13)
• Provinsies verteenwoordig: Westelike Provinsie, Goue Leeus en KwaZulu-Natal
• Springboknommer: 659
• Toetsdebuut: Op 29 November 1997 teen Engeland in Londen
• Laaste toets vir die Bokke: 14 Oktober 2007 teen Argentinië in St Denis
• Toetse: 42
• Springbokwedstryde: 47.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button