Local sportSport

LVCC buig die knie teen Impalas

Die Impala-krieketspan het Saterdag in die negende ronde van die Ehlanzeni Premierliga, LVCC met sewe paaltjies gewen.

Die kragmeting het op Lowveld High School se boonste veld plaasgevind.

Die wenners het 130 lopies vir die verlies van net drie paaltjies aangeteken teenoor LVCC se 128 lopies vir die verlies van 10. LVCC se Dean van der Merwe het net-net sy 50-tal gemis en 43 lopies gemoker – sy span se beste poging vir die dag.

Die kaptein Dwayne Obermeyer, Chyle van Zyl en Gunther Swart is terug kleedkamers toe gestuur met ‘n nulletjie agter hulle name. Die twee openingskolwers, Divan Jacobs en Dylan Creswell het onderskeidelik 26 en drie lopies geslaan.

IMG_6402 (Small)

Impala se Allan Roets en De Wet Kotze was hulle span se uitblinkers met drie paaltjies elk. Alwyn Viljoen (2), Deon Viljoen en Karel Greeff, met een elk het ook tot hulle span se oorwinning bygedra. Alwyn met 62, het die meeste lopies op die dag aangeteken. Tiaan Schoeman en Deon is nie uit nie met 23 lopies elk.

In die finale ronde van die jaar, speel LVCC by Penryn College teen Mosambiek, Witrivier op hulle tuisveld teen Impala en Malekutu teen Nelspruit op Hoërskool Bergvlam se krieketveld.

IMG_6390 (Small)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button