Local sportSport

Beste plaaslike skopboksers beloon vir die jaar se oorwinnings

Lowveld Kickboxing het hul jaar op ‘n aksie-belaaide manier afgesluit op 28 November.

Die Nelspruit en Witrivier Skop-boksklub het hul laaste gradering vir die jaar op 28 November gehad en die dag met ‘n prysuitdeling en braai afgesluit.

Die gradering was van vroegoggend en ‘n groepie skop-boksers van Barberton Xtreme Kickboxing was ook teenwoordig aangesien die klub se Sensei Brandt Ehlers die gradering behartig het.

Uitslae:

Zelrie Viljoen: wit met een rooi streep

Daniël Schatz en Ryan Pretorius : wit met 2 rooi strepe

Daniël Ciuchini en Michael Ciuchini: wit met 4 rooi strepe

Jurgens Hattingh, Martin Zeelie, Frikkie Nel, Bettie Pretorius: geel 2

Lindri van Staden, Antonie Hattingh, Leander Burger, Alicia de Wet: oranje

Zander Viljoen, Rymert Spreeth, Veruschka Stoltz, Ankea Theron, Colette Gebhardt-Dreyer, Francois Botha, Wesley Grobler: rooi

Elmarie Cornelius: groen

Jaco Cornelius: blou

Petro van Staden, Junior de Beer, Dyllan Whitfield: pers

Dyllan Whitfield en Elmarie Cornelius is ook aangewys as die klub se beste ambassadeurs. Hulle is op meriete gekies soos gradering-vervordering, provisiale en nasionale kleure.

Die jaar se hoogtepunte is ook uitgelig: Linda van Staden is einde November 2014 as die WKF wêreldkampioen Light Contact skop-bokser bekroon. Daar was twee verskillende graderings gedurende 2015 en die oorspronklike wit gordels is al bevorder en hul ervaring, talent en vaardighede het aansienlik verbeter.

‘n Hele klomp van die vegters het as deel van die provinsiale span aan die SAKA Nasionale byeenkoms in Kaapstad deelgeneem en Linda van Staden en Dyllan Witfield is hier as nasionale skop-boks kampioene bekroon.

Die tweetjies is ook verkies om Suid-Afrika by ‘n byeenkoms in Ierland te verteenwoordig.

Klublede het ook aan die Nasionale SASCA byeenkoms deel geneem en Wesley Grobler, Jaco Cornelius en Junior de Beer is nasionale Sport Combat kampioene . Linda van Staden, Dyllan Whitfield, Wesley Grobler, Francois Botha, Elmarie Cornelius en Jaco Cornelius en Junior de Beer is ook vir die Nasionale SASCA span verkies om SA in Spanje te verteenwoordig.

Die skop-boks toernooi en fight night in die dorp was ook ‘n groot sukses en op pad om ‘n hoogtepunt op die plaaslike skop-boks kalender te word.

Die jaar is afgerond deur onlangse Mpumalanga proewe, waar heelwat plaaslike skop-boksers vir die provinsiale span gekies is.

Afrigter Drikkie van Staden sê hy sien uit na ‘n propvol, opgewonde 2016. “Behalwe vir al die nasionale en internasionale byeenkomste gaan ons die Laeveld met twee toernooie en twee fight nights in Witrivier en Nelspruit verras.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button