Ryers mik vir die maan en die sterre
Na 10 uur op 'n bergfiets, is Valencia Mankele se Mark Meyer, Max Knox, Justin Victor en Sam Sanders vanjaar se Noon2Moon-kampioene.

Die jaarlikse pretdag het by Merry Pebbles in Sabie begin en die ryers op ‘n 7,5km-roete geneem. Die wat nie deelgeneem het nie, het langs die roete uitgespan en die deelnemers aangemoedig.
Valencia Mankele het dit reggekry om van die middag tot die aand 38 rondes te ry. HHMS Valencia se Heine Engelbrecht, Hein Stroh, Mandie Swart en Shaun Gillespie was tweede met 36 rondes elk.
Die sub-junior afdeling van ses uur is deur die Galaxy Riders se Reinhart Viljoen, Simoné en Bernice van Wyk en Jean van der Merwe gewen nadat hulle 19 rondes voltooi het.
Kort op hulle hakke met 18 Untamed se Jooste Coetzee, Joshua Clarke, Storm Randell en Wildo du Toit.
Dirk Lourens, Pieter Benade en Braam la Grange het die sub-veteraanafdeling gemaklik met 37 rondes gewen. Dié afdeling is deur die Bergbokke se Albe Basson, Joe Iseboud en Marco Lambrecht met 35 oorheers.
Met 21 rondes agter haar naam, het Liesbet Delport die solo-vroue-afdeling gewen en Cobus van der Linde was baas in die solo-mans met 29 rondes.
Uitslae:
Sub-juniors
1. Galaxy Riders: Reinhart Viljoen, Simone van Wyk, Bernice van Wyk en Jean van der Merwe
Seniors
1. Valencia Mankele: Mark Meyer, Max Knox, Justin Victor en Sam Sanders
Subveterane
1. Dirk Lourens Cycles: Dirk Lourens, Pieter Benade en Braam la Grange
Veterane
1. Bergbokke: Albe Basson, Joe Iseboud en Marco Lambrecht
Solo-vroue
1. Liesbet Delport
Solo-mans
1. Cobus van der Linde.















































































