Local sportSport

Marathonklub se fluksste lede ontvang toekennings

Met 21 Mpumalanga-wedlope vir 2015 agter sy naam, is Elleck Mgiba as Nelspruit Marathonklub se sportman van die jaar aangewys.

Die sportvrou-toekenning, is aan Mariet Erasmus (47) vir haar 20 wedlope toegeken.

Albei dié lede het ook hul Klub-700-toekennings (meer as 700km in die jaar gehardloop) ontvang en is ook die veteraan-atlete van die jaar.

Erasmus was tydens die klubkampioen-skappe in Piet Retief die eerste veteraanvrou oor die eindstreep oor 42,2km. Sy het in die jaar die topposisie in die 10-kilometer beklee met 997,4 punte en is tweede op die punteleer met die meeste vier kilometer (44) deur die jaar gehardloop.

Mgiba het die Ultra Loskop se 50km-wedloop in die eerste plek in sy kategorie klaargemaak (04:24,12). Die 49-jarige lê boaan die punteleer vir die atleet met die meeste vier kilometers agter sy naam met 47, ‘n totaal van 188km.

Die loodswaaier van die jaar is aan Elsabe Aylward oorhandig. Dit word aan die atleet toegeken wat weens omstandighede binne en buite hul beheer nie volgens hul potensiaal gehardloop het nie.

Die stoutgat van die jaar word toegeken op grond van die atleet wat gedurende die jaar die meeste pret by wedlope en klubfunksies het.

Die drie manne wat genomineer was, Paul Odendaal, Marius Botha en Willie Steenkamp, is die klub se hardwerkendste, maar ook die sosiale vlinders. Hulle het hierdie jaar besluit om die klub se opgestopte bok, mnr. Nel Spruit, as ‘n volwaardige lid in te skryf.

Sportvrou van die jaar – Mariet Erasmus
• Klubkampioenskappe, Piet Retief 42,2km (40+ vroue) – eerste
• Veteraanvrou van die jaar (118 liga punte)
• Top 10km, 997,4 punte.

Sportman van die jaar – Elleck Mgiba
• Veteraan man van die jaar (104 punte)
• Klubkampioenskappe, Piet Retief 42,2km (40+ mans) – eerste
• Klubkampioenskappe, Ultra Loskop 50km (40+ mans) – eerste
• Top 10km, 708,7 punte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button