Local sportSport

Skaakspan gereed om nasionaal kragte te meet

Die Ehlanzeni Skaakspan het Saterdag hul laaste oefenkamp by Laerskool Bergland bygewoon, voor die Suid-Afrikaanse Jeug skaakkampioenskappe in Januarie.

“Dit was ‘n koue dag gewees, maar ‘n lekker een. Die bywoning was fantasties en die laaste skuur en skaaf is gedoen.

Bordplekke is gefinaliseer en nou wag ons net die tyd af,” vertel Karen Taljaard van die Ehlanzeni Skaakvereniging. Die bus vertrek 2 Januarie 2016 om 12:00 vanaf Halls en ry dwarsdeur tot in Kaapstad. Die toernooi word deur die Westelike Provinsie Skaak aangebied by die Universiteit van Kaapstad.

Die eerste van sewe rondes begin op 4 Januarie om 09:00. Elke ronde is drie uur lank en daar is reeds meer as 2 500 bevestigde inskrywings.

Die bus keer op 7 Januarie weer terug na Mbombela. “Ons sien baie uit daarna om teen die beste spelers in die land te gaan kompeteer en ons wens elk van ons spelers alle sterkte toe.”

 

skaak

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button