Local sportSport

Skopboksers van Laeveld word beloon

Dyllan Whitfield en Elmarie Cornelius is tydens Witrivier en Nelspruit Skopboksklub se jaarlikse gradering, as die klubs se beste atlete aangewys.

Zander Viljoen, Rymert Spreeth, Antonie Hattingh, Frikkie Nel, Junior de Beer, Wesley Grobler, Jaco Cornelius en Francois Botha het die toekennings ontvang as die mees ervare boksers in hulle onderskeie kategorieë.

Die beste beginnerstoekennings is aan Zelrie Viljoen, Daniël Cuichini, Micheal Cuichini, Jurgens Hattingh, Lindri van Staden, Martin Zeelie en Leander Burger oorhandig.

Skopboks

“Ons het die jaar met goeie herinneringe afgeskop met Linda van Staden wat einde November 2014 as die Wêreld Skopboks- federasie se ligte-kontakkampioen gekroon is. ‘n Paar van ons boksers het die Mpumalanga-span in Kaapstad tydens die Suid-Afrikaanse Skopboksvereniging verteenwoordig. Linda en Dyllan is hier as nasionale kampioene aangewys en tot die nasionale span verkies om Suid-Afrika in Ierland te gaan verteenwoordig. Later die jaar het ‘n paar boksers aan die Suid-Afrikaanse Sportgevegvereniging-byeenkoms deelgeneem. Wesley Grobler, Jaco Cornelius en Junior de Beer is hier as nasionale kampioene gekroon. Sewe van die atlete is gekies om ons land in Spanje te verteenwoordig. Dit gee ‘n mens net ‘n idee van hoe suksesvolle jaar ons agter die rug het. Ek sien baie uit na 2016, dit is ‘n opwindende jaar wat vir ons voorlê,” het Drikkie van Staden van Witrivier Skopboks gesê.

photo.JPG2

Uitslae, graderings
• Wit met een rooi streep – Zelrie Viljoen
• Wit met twee rooi strepe – Daniël Schatz en Ryan Pretorius
• Wit met vier rooi strepe – Micheal en Daniël Ciuchini
• Geel twee – Jurgens Hattingh, Martin Zeelie, Frikkie Nel en Bettie Pretorius
• Oranje – Lindri van Staden, Antonie Hattingh, Leander Burger en Alicia de Wet
• Rooi – Zander Viljoen, Rymert Spreeth, Veruschka Stoltz, Ankea Theron, Colette Gebhardt-Dreyer, Francois Botha en Wesley Grobler
• Groen – Elmarie Cornelius
• Blou – Jaco Cornelius
• Pers – Petro van Staden, Junior de Beer en Dyllan Whitfield.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button