Local sportSport

Blink toekoms wink vir sterre

Twee van die Mpumalanga Sport-toekennings staan vanjaar in die Laeveld se trofeëkas.

Amani Omar (gimnastiek) en Christelle Kriel (swem) het die trofeë vir Skole- sportvrou- en Gestremde Sportvrou van die jaar onderskeidelik tydens die jaarlikse prysuitdeling verower. Albei die ster-vroue het met dieselfde trofeë tydens die Ehlanzeni Sporttoekennings weggestap.

Ina8 (194) (Large)

“Dit was onverwags, maar ‘n aangename verrassing,” vertel die 11-jarige Amani. Dié atleet van Nelspruit Gimnastiek Akademie, het verlede jaar by die Suid-Afrikaanse Gim Spele in vlak 6 goud op spronge én balk verower en ‘n silwer op die brug met ‘n verdere vierde plek op die vloer. Met die rits prestasies het sy algeheel eerste geëindig. Sy het reeds hierdie jaar in die Olimpiese stroom inbeweeg deur haar vlak 7 te doen. Sy blink nie net as gimnas uit nie, maar ook in atletiek. By vanjaar se Mpumalanga Kampioenskappe in Ermelo het sy ‘n tweede plek in die verspring verower. “Sy verdien dit! Sy het nie net ‘n ongelooflike talent nie, maar sy werk ook baie hard,” het haar afrigter Maré Putter gesê.

“Ek weet nie wat volgende jaar alles vir ons inhou nie. Die klub is veronderstel om volgende jaar oorsee te gaan, maar dit meng met die nasionale kampioenskappe in. Amani sal nie daar gaan deelneem nie, omdat ons daardie maand ons vastyd het. Sy sal wel aan haar fynere detail werk mits die kampioenskappe geskuif word sodat sy daar kan gaan deelneem,” sê haar ma, Zahra.

Christelle (21), wat tans vir Nelspruit Swem Akademie (NSA) in aksie is, het vroeër vanjaar aan die Paralimpiese Spele in Ecuador deelgeneem. Daar het sy topgehalteswemmers van Korea en

Christelle MP Champs 2  (Large)

Japan uitgestof en twee silwermedaljes en ‘n brons in haar items verower. Sy het nog net ‘n paar maande oor om vir die Spele in 2016 te kwalifiseer.

Tydens Mpumalanga Swem se prysuitdeling, het sy daar ook die toekenning vir gestremde swemmer van die jaar ontvang.

“Sy het fantastiese dissipline en sy het ‘n ysterwil om suksesvol te wees, Sy is regtig my grootste inspirasie in die lewe en sy het bitter hard gewerk om die toekenning te ontvang. Ons is geweldig trots op haar,” het James Munro van NSA gesê.

Christelle neem volgende naweek aan die Kwa-Zulu- Natal Swemkampioenskappe deel waar sy hopelik daar die kwalifiserende tye vir volgende jaar se Spele gaan swem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button