Local sportSport

Smook palm kanoevaarder van die jaar in

Gustav Smook is tydens die Laeveld Kanoeklub se prysuidelingsaand as die roeier van die jaar aangewys.

Hy het vroeër vanjaar tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe ‘n goud in die K1- en K2-marathon verower.

Dit het vroeër die jaar by Damps Drift in Pietermaritzburg plaasgevind – die 2017 Wêreld Kanoe-marathon kampioenskappe sal ook op die rivier aangebied word.

Nóg ‘n lid van die Laeveld Kanoeklub, Wikus Loots het ‘n bronsmedalje in die K1-veteraan verower en ‘n vierde plek in die K2 as sub-veteraan. Wikus het die prys vir die mees gevorderde roeier ingepalm.

Die loodswaaiertoekenning is ‘n atleet wat baie beter kan roei, maar weens omstandighede baie keer buite hul beheer en baie keer binne hul beheer, roei hulle glad nie in hulle volle potensiaal nie. Die toekenning is aan Janus Wessels gegee.

Nóg toekennings:

• Mees gevorderde roeier – Wikus Loots

• Mees toegewydste roeier – JC Kriek

• Loodswaaier van die jaar – Janus Wessels

• Cramp champs van die jaar – Andreas van Tonder

• Roeier van die jaar – Gustav Smook.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button