Local sportSport

SupaPuma slyp sy tande vir nog baie groter dinge

Met 145 wedstryde op sy kerfstok, wink sy 150-tal vroeg aanstaande seisoen.

Daarmee is hy ook een van die langsdienende spanbestuurders in die land en daarom is Marius van Rensburg by die Pumas se jaareindfunksie as die SupaPuma van die jaar aangewys.

Van Rensburg het in 2009 sy lemmetjiegroen trui van die Arende vir die pienk-en-grys van die Pumas verruil. En in die tussentyd het hy in die pos ontwikkel van ‘n spanbestuurder wat water en tasse aandra tot logistieke bestuurder van die Mpumalanga Rugby-unie.

1173766_781002378584453_499953082_n

“Phil Pretorius en Jimmy Stonehouse is die twee afrigters wat vir my in die eerste plek die geleentheid gegee het om my te vestig in hierdie pos en dit vir my moontlik gemaak het om saam met die spel oor te gaan na die professionele era.

“Vir hulle albei het ek ongelooflik baie respek,” sê hy. Hy het destyds by die Arende betrokke geraak uit ‘n blote passie vir die sport. En hoewel hy ‘n paar junior spanne in George, Wes-Kaap afgerig het, het hy gou besef dat nie almal afrigters kan wees nie.

Hy is toe as die heel eerste voltydse spanbestuurder by die Arende aangestel.

“Ek het saam met Phil by die senior span begin werk en in 2009 by die Pumas aangesluit.

Ons het ontsettend gegroei van die dae in Witbank tot waar ons nou is.”

11954826_600223893413367_2508065620146942935_n

Van Rensburg sê Stonehouse het in hom geglo en hom bemagtig om in sy posisie te groei tot waar hulle uiteindelik nie net kollegas was nie, maar goeie vriende.

Deesdae behels sy werk as logistieke bestuurder aspekte soos werwing en kontraktering van senior spelers. Dan word daar ook na die plaaslike talent gekyk en seker gemaak dat hulle by die Pumas bly.

“Ek dink die Pumas is deesdae almal se tweede span en daarom is die spelers ook geneig om lank hier te bly.

Dee-Jay Terblanche was byvoorbeeld voor my hier en hy is nog steeds hier. Dit sê baie van hierdie unie en die manier waarop dinge gedoen word.”

12373284_157815354576034_5575186868501478950_n

Van Rensburg het nie groot drome van aanbeweeg na groener weivelde nie. “Ek het myself hier gevestig en ek het die besluit geneem dat dit hier is waar ek wil bly.

Die mense van Mbombela staan bankvas agter die Pumas, die ondersteuning is werklik ongelooflik.

Die Pumas is die span wat die grootste groei elke jaar toon,” sê hy.

Dit bly natuurlik die span se droom om uiteindelik Superrugby te speel en dit is waarvoor almal werk.

“Ons wil graag ons eie Superrugby-span hê. Dit sal ‘n hoogtepunt vir ons almal wees.” Van Rensburg is die derde ontvanger van die Jenna Clifford-trofee en as die geskiedenis hom herhaal, wag daar groot dinge op hom.

Stonehouse, die eerste ontvanger van die trofee, is kort daarna as die afrigter van die jaar in Suid-Afrikaanse rugby aangewys en verlede jaar se wenner, Vincent Koch, het voortgegaan om Springbok te word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button