Local sportSport
Die Franse word ‘n Pumaspeler ryker
Een van die Steval Pumas se mees senior speler, De-Jay Terblanche, was nog altyd van plan om oorsee rugby te speel en dié geleentheid het hom onlangs te beurt geval.

Hy sal vir die volgende drie maande rugby in Frankryk speel waar hy vir Club Mont-de-Marsan sal uitdraf. Die vaskopstut het Sondag vetrek, maar sal terugkeer na sy tuisspan voor die Curriebekerreeks in April afskop. Die klub is deel van die Pro D2-liga waar hulle tans die 10de plek op die punteleer beklee met Lyon in die eerste plek.
Hy het in 2008 sy debuut vir die Pumas teen die OP Kings gemaak waar hy voorheen ook vir die Boland, SWD Arende en Dungannon (Ierland) uitgedraf het. Die 29-jarige het in altesaam 138 wedstryde vir die Pumas gespeel.
Jacques Momberg het ook die Laeveld verruil vir die Italiaanse klub, Rovigo.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
