Local sportSport

Laeveldse swemmers toon hulle slag in Port Elizabeth

Uniswim Nelspruit se Liza-Mari Drummond het teen die room van die land se swemmers, tydens die nasionale vlak 3-kompetisie in Port Elizabeth meegeding en kon 'n goue medalje om haar nek gehang.

Met ‘n tyd van 27,58 is sy die enigste swemmer van die Laeveld wat vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Senior-kampioenskappe wat April in Durban plaasvind, gekwalifiseer het.

Dié 50-metervryslag Suid-Afrikaanse Skolekampioen, het net weereens bewys waarom sy die gesogte titel verlede jaar verower het. Nie net het sy haar item gewen nie, maar ook haar tyd met 0,20 sedert die SA’s Desember in Pretoria verbeter.

Skye Lowvelder Backdive (Large)

“Die gedagte van ‘n medalje in PE het nie onwaarskynlik gevoel nie. Om die eerste plek op die podium teen die land se bestes in te geneem het, is net ‘n bewys van harde werk wat beloon word.” Sy het ook ‘n silwermedalje in die 100-metervryslag verower met ‘n tyd van 1:00,31.

Nóg ‘n swemmer van Uniswim, Jordyn Minifie (14) wat die enigste swemmer in die provinsie was wat vir verlede jaar se Nasionale Jeugkampioenskappe in die 400-meter-individuelewisselslag gekwalifiseer het, het in PE ‘n tweede plek verower. Haar tyd in die item het met meer as 10 sekondes sedert verlede jaar se kampioenskappe verbeter.

Sy het tydens die vlak 3 ‘n 05:10,08 geswem.

Nelspruit Swem Akademie (NSA) se Skye Munro en Minifie het in PE vir vanjaar se Nasionale Jeugkampioenskappe, wat ook in April plaasvind, gekwalifiseer.

GianoOn the blocks Level 3 (Large)

Ander swemmers van die Laeveld wat ook in die Baai deelgeneem het, was Jacey Bekker (Fins), Giano Dos Santos (NSA), Robbie Drummond (Uniswim Nelspruit), Matthew Ives (Uniswim Uplands), Carla Mouton (Curro Swem Akademie), Jetro Piso (Fins), Thelise Saunders (Uniswim Nelspruit), Kayla Schefermann (Uniswim Nelspruit), Vidhaan Singh (NSA) en Gerard Venter (Curro).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button