Tawwe stryd in sportkragmeting tussen NHS en Bergvlam
Die eerste seunshokkiespan van Hoërskool Nelspruit het verlede week in 'n wintersportliga teen Hoërskool Bergvlam te staan gekom.

Vlammies het tot op hede nege uit hulle 13 wedstryde gewen waarvan hulle enigste verloor teen NHS was. Die telling was 2-1 in laasgenoemde se guns. Dit was ‘n taai stryd met NHS wat in die tweede helfte die wendoel aangeteken het.
Die o/16B’s en o/14’s het ook teen Bergvlam gespeel met die eindtellings onderskeidelik 4-0 en 2-1 in die Nellies se guns. Die tweede span het ‘n oorwinning van 5-0 oor Komatipoort Akademie behaal.
NHS se seunsspanne speel vandag teen Uplands op hulle kunsgrasvelde. Die netbal- en dogtershokkiespanne en NHS se rugbyspanne speel die naweek in die eerste ronde van die Mpumalanga-liga teen HTS Middelburg.
Vlammies se seunshokkiespan ding vandag teen Lowveld High School op laasgenoemde se velde mee en speel op Saterdag gasheer vir Hoërskool Secunda.
