Local sportSport

Stoeiklub in pyplyn vir Witrivier

Nelspruit Stoeiklub (NSK) het sy deure aan die begin van 2013 oopgemaak en na drie jaar bars die klub uit sy nate uit.

Die afrigter, Hansie Kruger het dit goed gedink om die sport meer blootstelling te gee en bied Donderdag ‘n demonstrasie in Witrivier aan.

“Die doel van Donderdag is om te kyk na die lewensvatbaarheid van ‘n stoeiklub in Witrivier. By NSK is daar ongeveer 45 stoeiers – dit sal meer blootstelling vir die sport wees en die behoefte ten opsigte van navrae het dit uitgewys. “Ek het ook navrae van skole begin kry en die gedagte het ontstaan om ‘n ontwikkelingsklub van die grond af te bring. Dit sal ook baie meer plaaslike kompetisie teweegbring wat nie net finansiële voordele inhou nie, maar ook beteken dat ouers nie naweek na naweek honderde kilometers hoef te ry vir kompetisies nie,” sê Kruger.

Die demonstrasie begin 18:00 tot 19:30 by Plot 66, The Oaksweg, Witrivier.

Navrae: Casper Steyn gekontak by 072-804-6293 of Kruger by 076-788-7992.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button