Local sportSport

Jongspan pak mekaar in gewilde sportfees

Twaalf laerskole, naamlik Nellies, Nelspruit Primary, Malelane, Barberton, Clivia, Witrivier, Sabie, Komatipoort, Laeveld, Curro, St Peter's en Laerskool Lydenburg het mekaar die stryd op die netbal- en rugbyvelde aangesê.

Laerskool Nelspruit het Saterdag vir die 19de agtereenvolgende jaar ouers se harte laat oorloop van trots tydens die gewilde Krokdag.

Twaalf laerskole, naamlik Nellies, Nelspruit Primary, Malelane, Barberton, Clivia, Witrivier, Sabie, Komatipoort, Laeveld, Curro, St Peter’s en Laerskool Lydenburg het mekaar die stryd op die netbal- en rugbyvelde aangesê.

Volgens Johan Orton, Nellies se skakelbeampte is dit amptelik die grootste kleinrugbydag in die provinsie. Die byeenkoms, wat bekendstaan as die LVM Krokodilletjie en Krokonelletjie Rugby/Netbal Ontwikkelingsdag, is deur bykans 1 300 gr. R- tot 2-leerlinge van regoor die Laeveld bygewoon.

Dit beteken dat byna 200 wedstryde op dié dag gespeel is, elk met die doel om die liefde vir albei sportsoorte te bevorder. Daar word dus geen wenner aangekondig nie. Geen kontak word toegelaat nie en die reëls is só aangepas dat geen beserings opgedoen word nie.

Elke span het vier wedstryde gespeel op die velde en die bane wat die kleintjies kon akkommodeer. “Ons het hope talent raakgesien tydens die ontwikkelingsdag.

“Mpumalanga se LUR van sport, Norah Mahlangu-Mabena behoort geen slapelose nagte te kry oor toekomstige talent in die Laeveld nie,” sê Orton.

Elke speler het na die tyd ‘n sertifikaat en ‘n pakkie met koeldrank en lekkers as beloning vir hulle harde werk ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button