Local sportSport

Bokbreier skuur skouers met Pumas

Die voormalige Steval Pumaspeler, Faf de Klerk en die stut wat vir die Stormers in Superrugby uitdraf - maar later vanjaar weer by die unie gaan aansluit - Vincent Koch is deel van die Bokbreier, Allister Coetzee se planne vir die oefengroep vir die Castle Lager Incoming Series wat eersdaags afskop.

Coetzee, wat in 1974 eers as speler en toe as afrigter in die rugbykringe betrokke geraak het, het verlede week ‘n draai in die Laeveld gemaak. Die doel van sy besoek was om aangesig tot aangesig met die borge en bestuur van die Mpumalanga Rugby Unie (MRU)te ontmoet en om van vroeg af skouers met die unies te skuur asook verhoudings te bou.

Die president van die MRU, Hein Mentz het groot lof vir Coetzee se aanstelling. “Ek het in die verlede ook die spreekwoord gebruik – ‘horses vir courses’ en nou het ons die horse vir die course. Ons het jou dopgehou by die Stormers. Dankie dat jy die ekstra myl geloop het om by ons uit te kom. Jy konsentreer op die franchise-spanne en dit is hier waar jy die Bokke moet kies. Ons waardeer dat jy ‘n draai hier kom maak het. Ons is opgewonde om te sien wie jy gaan kies en ons wens jou alle sterkte toe.”

Die president van die MRU,  Hein Mentz .
Die president van die MRU,
Hein Mentz .

Coetzee het die Kobe Steelers in Japan tussen 2015 en 2016 gebrei nadat hy die DHL Stormers tussen 2010 en 2015 in 98 wedstryde aangevoer het.

Hy is vir die volgende vier jaar as hoofafrigter van die Bokke aangestel en wil graag Mbombela Stadion vir die Bokke se toets teen Argentinië in Augustus volgepak sien. Die 52-jarige het Donderdagaand voor die Steval Pumas se wedstryd teen die DHL Westelike Provinsie, hul truie oorhandig.

“Dit is ‘n eer om hier te wees en dit was lekker om die spelers te ontmoet. Die besoek is iets wat ons nodig gehad het, omdat ons te lank in isolasie gewerk het. Dit is nodig om die unies persoonlik te ontmoet. Die toets teen Argentinië gaan van kardinale belang wees. Ek wil sien hoe die gemeenskap die stadion met groen gaan vul. Ek sien uit om julle hier te sien om ons te kom ondersteun.”

Die minister van sport, Fikile Mbabalula het onlangs groot opspraak veroorsaak oor die ewige stryd oor transformasie. Groot sportsoorte soos rugby, krieket, atletiek en netbal mag nie ‘n bod vir internasionale toernooie indien nie en daar is groot kommer oor die moontlikheid dat Suid-Afrika in 2022 wéér die Wêreldbeker op tuisbodem wil aanbied. “Ek is nie bang om oor transformasie te praat nie. Dit begin in jou kop en in jou hart – nie oor wit, swart of gekleurd nie. Dit is belangrik om te weet dat dit nie oor kleur gaan nie. Daar is geen speler wat graag gekies wil word as gevolg van sy kleur nie. By die Stormers het ek die beste span gekies. Dit gaan vir my oor wat die speler tot die span bydra. Ek hoor wat die minister van sport sê, maar ek is ook ‘n realis.”

Coetzee het dit baie duidelik gemaak dat hy die laaste sê het, maar hy is bereid om te luister na wat ander unies vir hom sê. “Ek wil ‘n oop gesprek met die afrigters hê, maar ek het die finale sê oor wie gekies gaan word.”

Springbokafrigter, Allister Coetzee.
Springbokafrigter, Allister Coetzee.

Agtergrond oor Coetzee van 2004 tot 2016:
• 2004-07: Springbokhulpafrigter saam met Jake White. Laasgenoemde het ‘n wenpersentasie van 67 persent wat die Wêreldbeker in 2007 insluit asook die drienasies
• 2008: Hulpafrigter by die DHL Stormers
• 2008-15: Hoofafrigter van DHL Westelike Provinsie in 108 wedstryde
• 2010-15: Hoofafrigter van DHL Stormers in 98 wedstryde
• 2010: As Suid-Afrikaanse afrigter van die jaar benoem
• 2015-16: Hoofafrigter by Kobe Steelers in Japan
• 2016: Springbokfafrigter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button