Local sportSport
Laeveld se eerstes klop Witrivier
Die nuwe sporthoof van Laerskool Laeveld, André Barnard het verlede week genoem dat sekere sportstrukture weer in plek gestel is. Die sukses daarvan is na afloop van hulle wedstryd teen Laerskool Witrivier in die voorlaaste ronde van die Ehlanzeni-liga bewys.

Laeveld was met 17-12 baas nadat Whities ‘n week gelede ook teen Bergland 5-17 die knie moes buig.
Witrivier en Bergland is die twee groot gunstelinge om na die eindrondes van dié liga deur te dring, maar Witrivier se plek is nie meer verseker nie, nadat Nelspruit Lydenburg met 25-22 geklop het.
Daar is nog net een wedstryd in die liga oor. Nellies kom teen die Whities te staan, terwyl Laeveld teen Nelspruit Primary speel. Mits Nelspruit se eerste rugbyspan gelykop speel of die wedstryd wen, dring hulle na die halfeindstryde deur. Bergies speel Donderdag teen Lydenburg.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


































