Local sportSport

Laeveldse jagkampioen skiet ‘n kolskoot

Die nuutgekroonde bokjagkampioen is 'n lid van die SA Sport- en Jagfederasie Mpumalanga se Laeveld-tak.

Die Nasionale Bokjag-kampioenskappe het onlangs in Swartwater, Tom Burke plaasgevind.

Elke jagter het vier kanse gekry en die drie beste uitslae is gebruik om sy gemiddeld te bepaal. Stephan Potgieter, wat lid van die Laeveld se A-span was, het met die louere weggestap.

Die Laeveld het twee spanne ingeskryf – ‘n A- en B-span. Dennie Taljaardt, Potgieter en Francois Theron, wat lede van die A-span was, het in die tweede plek geëindig terwyl Louis Rautenbach, Nico Human en Maurizzio Spasimante vierde gekom het.

Rautenbach het net-net nie vir ‘n plek in die top-drie gekwalifiseer nie en was vierde. Die spanne het altesaam 17 bokke van vyf verskillende spesies gejag.

“Die grootste waterbok asook die enigste blouwildebees wat gejag is, is ook deur die plaaslike manne gejag.

“Die Laeveld-span het nie teleurgestel nie. Dankie aan ons borge wat die uitstappie moontlik gemaak het,” het die ondervoorsitter van die plaaslike tak, Nico Human gesê.

Elke jagter het vyf patrone gekry wat deur die beoordelaar gemerk is en daar kon slegs een bok uit die veld gebring word. Indien twee bokke met een skoot geskiet is, is die jagter gediskwalifiseer.

Vir elke patroon wat die jagter teruggebring het, het hy een punt verdien.

Vir ‘n hart- of breinskoot of waar een van die eerste sewe werwels vanaf die atlaswerwel gebreek is, is vyf punte toegeken. ‘n Longskoot was vier punte en ‘n skoot op ‘n ander deel van die lyf drie punte werd.

‘n Trofee, afhangende van die horinglengte of die gewig van ‘n dier sonder horings, is ook tydens die kampioenskappe toegeken.

Reëls om dit so eties as moontlik te maak, het ook by die kampioenskappe gegeld. Daar kon nie nader as 100 meter van ‘n watergat af geskiet word nie en geen gidse of bakkiejag was toegelaat nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button