Local sportSport

Pumas wil ligapunte in die Rosestad gaan haal

Die agtsteman Brian Shabangu sal vanjaar vir die eerste keer in 'n Steval Puma-trui uitdraf nadat hy as gevolg van 'n kniebesering lank buite aksie was.

Hy het aan die einde van April die regmerkie gekry om weer saam met sy spanmaats te begin oefen, en het intussen twee klubwedstryde gespeel.

Die Pumas reis die naweek na Bloemfontein waar hulle in die agtste kwalifisirende ronde van die Curriebeker teen die Toyota Vrystaat Cheetahs sal speel.

Nardus van der Walt begin die naweek op ses-flank nadat Marnus Schoeman, wat in die Pumas se vorige ronde teen die DHL Westelike Provinsie die veld in die 21ste minuut na ‘n besering verlaat het, tussen vier en ses weke langs die kantlyn gaan wees. Marné Coetzee, wat ook in die slag gebly het na ‘n mediale-ligamentskeur van sy regterknie, ook teen die WP, word deur die loskopstut, De-Jay Terblanché vervang.

Lambert Groenewald, wat Vrydagaand op agsteman begin het, skuif terug na sy posisie as flank en Carel Greeff begin in die nommer-agttrui. Emile Temperman wat laas in die Pumas se begin-15-tal teen die Welwitchias was, begin in die plek van Reynier van Rooyen.

“Albei die spelers bring individuele vaardighede na die span toe, maar hierdie week werk Emile se vaardighede beter vir ons wedstrydplan,” sê die Puma-breier, MJ Mentz.

Nóg ‘n nuwe gesig in die span, is Khwezi Mona wat op loskopstut uitdraf. Mona het vir die Pumas se eerste twee wedstryde teen die Hino Valke en die SWD Arende op die posisie begin. Sedert die Pumas se wegholoorwinning van 47-7 teen die Namibiërs was hy egter laas deel van Mentz se planne. “As gevolg van die besering, het Khwezi outomaties sy plek in die span teruggekry. Sabelo Nhlapo, wat las van ‘n geskeurde boarmspier gehad het, het ook die afgelope twee weke klubwedstryde gespeel, maar is nog nie vir die stryd in Bloem oorweeg nie.”

Die span van die Rosestad het verlede naweek hulle wedstryd teen die OP Kings met 35-15 gewen. “Die Vrystaters is ‘n begeesterde en jong span wat die bal hard dra. Dit op sigself plaas baie druk op ons en ons word gedwing om met die regte gesindheid vandag op die veld te draf. Ons moet eenvoudig net die nodige ligapunte huis toe bring. Daar is hierdie week aan kwelpunte gewerk en ons sien uit na die stryd.”

Puma-span
15. Heinrich Steyl
14. Bernado Botha
13. Hoffmann Maritz
12. Hennie Skorbinski
11. Marcello Sampson
10. Justin van Staden
9. Emile Temperman
8. Carel Greeff
7. Lambert Groenewald
6. Nardus van der Walt
5. Hugo Kloppers
4. Stephan Greeff
3. De-Jay Terblanché
2. Francois du Toit
1. Khwezi Mona.

Plaasvervangers: Frank Herne, Jacques Kotzé, Jannie Stander, Brian Shabangu, Reynier van Rooyen, Marlou van Niekerk en Tyler Fisher.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button