Die Laeveld se topspelers kry erkenning na hokkieseisoen
Drie van Laerskool Nelspruit se hokkiedogters het met die Ehlanzeni-voorsitter se toekenning van die jaar weggestap.
Kranige tennisspeler, Zoë Bergmann, wat tydens die Laeveld Tennis Vereniging (LTV) se jaarlikse prysuitdeling ook die toekenning vir die beste o/13-speler ontvang het, het ook herkenning vir haar uitmuntende spel in hokkie gekry.
Zoë was ook deel van Nellies se ope A-dogterstennisspan wat met die Mpumalanga-beker teruggekeer het Laeveld toe deur CR Swart en Laerskool Standerton in die finale rondes te klop.

Lees ook: Nellies is provinsie se beste
Sy het ook tot Nellies se eerste dogtershokkiespan se suksesverhaal in die Mpumalanga-kampioenskappe bygedra nadat die span ook die beker omhoog gehou het.
Lize Oosthuizen en Lani Swart, wat ook name in die tennisbedryf is wat gerus dopgehou kan word, het met die toekenning vir beste o/11- en o/12-speler van die jaar weggestap. Lize was ook in Nellies se ope A-dogtersspan wat as Mpumalanga-kampioene gekroon is.

Lees ook: Tennis-jonges speel ‘n kishou by plaaslike ope
Laerskool Witrivier se Daniel van Staden, wat ook vanjaar tot die o/12-Pumaspan verkies is, is Ehlanzeni Laerskole-hokkie se o/12-speler van die seisoen.
Uplands Preparatory se Mpumalanga-krieketspeler, Dylan How-Dreyer het die voorsitter se toekenning vir die o/13-speler en klein Jovan Lubbe van Curro Nelspruit, o/11-speler ontvang.
Dylan het ook vanjaar sy provinsie in hokkie verteenwoordig.
Jovan speel sedert gr. 2 vir die o/11 Laeveld Junior span tennis. Hy is gekies om volgende jaar Amerika toe te gaan, waar hy ‘n kursus by een van die wêreld se beste Amerikaanse tennisspelers, Abrie du Plooy gaan bywoon.

Lees ook: Top players to learn from tennis pro in America
Seuns
• O/11 – Jovan Lubbe (Curro Nelspruit)
• O/12 – Daniel van Staden (Laerskool Witrivier)
• O/13 – Dylan How-Dreyer (Uplands Preparatory)
Dogters
• O/11 – Lize Oosthuizen (Laerskool Nelspruit)
• O/12 – Lani Swart (Laerskool Nelspruit)
• O/13 – Zoë Bergmann (Laerskool Nelspruit).
