Laerskool-atlete sorg dat die rekords spat
Atlete van Laerskool Malelane, Bergland, Lydenburg asook Komatipoort Akademie het Saterdag hul vaardighede op veld en baan geslyp tydens 'n vriendskaplike byeenkoms.
Hierdie atletiekseisoen lyk asof dit baie opwindend gaan wees en heelwat sterre gaan oplewer. Tydens Saterdag se vriendskaplike atletiekbyeenkoms by Laerskool Malelane het sewe rekords by die hekkies gespat.
Die top atlete van die gasheerskool, Bergland, Lydenburg en Komatipoort Akademie het op veld en baan gewedywer en die wenners van elke item is met medaljes beloon.

Larissa Grobler van Lydenburg is as die senior victrix ludorum en atleet van die dag aangewys en haar spanmaat, Zimele Sibanyani as senior victor ludorum. Die junior wenners was Randzu Mkhabela van Bergland en Siphokazi Mashabane van Komatipoorteem, maar ‘n goeie geleentheid om die prestasievlak van hul atlete te meet.
Dit was vir die kleiner skole, die Lanies en Komaties, ‘n groot uitdaging om teen Lydenburg en Bergland deel te neem, maar ‘n goeie geleentheid om die prestasievlak van hul atlete te meet.
Alhoewel die Laeveld-son vir ‘n hele paar rooi skouers en gesigte gesorg het, het die program glad verloop en het goeie sportmanskap geheers.




