Spanne wil titel verdedig
Die Laeveld/Ehlanzeni-tennisspanne gaan hulle 2016 Interdistriktetoernooi-titel, aan die einde van Augustus in Secunda verdedig.
Die o/11-, o/13-, o/15- en o/18-tennisspanne het verlede jaar vir die eerste keer sedert 2004 die titel omhoog gehou.
Die span wat na Secunda toer, is feitlik gefinaliseer, maar hier en daar moet nog uitspele gehou word.
Die geslotevyf-tennistoernooi het die afgelope naweek op onderskeidelik Panorama, Van Riebeekpark en Hoërskool Nelspruit se bane plaasgevind.
Arili Boshoff (12) het weereens gewys waarom sy hoog in die tenniskringe aangeslaan word, nadat sy die o/18-afdeling gewen het.
Die Laerskool Nelspruit-leerder is verlede jaar na afloop van ‘n ‘n tenniskliniek wat deur topafrigter, Abri du Plooy aangebied is, gekies om ‘n oefenkamp in Amerika by te woon.
Die Laeveld se topgekeurde o/12-seunspeler, Jovan Lubbe is ook op pad na Amerika nadat hy by die kliniek as die top-seunspeler aangewys is.
Jovan het sy wedstryd teen Bernard van Esch gemaklik met 6-2 en 6-1 gewen.
In die o/18-seuns se eindstryd, het Schalk Schutte teen Taillard van Zyl te staan gekom en Schalk was met 6-1 en 6-1 baas. Du Toit Wessels het die o/15-titel ingepalm nadat hy met Jesse Streak met 6-1 en 6-0 afgereken het.
Richard Dickson en Schalk Grobbellaar het mekaar in die o/11-seuns se eindstryd ontmoet. Richard het met 6-1 en 6-2 koning gekraai.
Arili en Jovan vetrek in die Julie-vakansie na Amerika.
Uitslae
O/18
Seuns
• Schalk Schutte wen in die eindstryd teen Taillard van Zyl met 6-1 en 6-1
• Ndumiso Thwala was derde nadat hy vir Conrad Schultz met 6-3, 3-6 en 13-11 gewen het.
Dogters
• Eerste – Arili Boshoff
• Tweede – Zjada Dickson
• Derde – Tsatsi Mabaso.
O/15
Seuns
• Du Toit Wessels klop Jesse Streak met 6-1 en 6-0 in die eindstryd
• Ruan van Esch en Hugo Coetser het vir die derde en vierde plek uitgespeel. Ruan wen met 6-1 en 6-3.
O/13
Seuns
• Jovan Lubbe wen Bernard van Esch met 6-2 en 6-1 in die eindstryd
• Derde – Liam Brander
• Vierde – Wikus van Biljon.
O/11
Seuns
• Richard Dickson reken in die eindstryd teen Schalk Grobbellaar met 6-1 en 6-2 af
• Dylan Ormiston het derde geëindig nadat hy Nick de Zwart met 6-4 en 6-4 geklop het.
Dogters
• Eerste – Danielle Lombard
• Tweede – Kristen Lombard
• Derde – Joslin Boshoff.









