Local sportSport

Twee van NHS in Barbarianspan

Hoërskool Nelspruit se Dwayne Fermor (slot) en Henk van Deventer (flank) is vir Travel & Sport se o/16-Barbarian-uitnodigingspan, wat aan die einde van November na Engeland en Wallis gaan toer, gekies.

Die twee is vroeër vanjaar by die 26ste Paarl Gimnasium-rugbytoernooi geïdentifiseer.

Spelers word tydens verskeie toernooie van regoor Suid-Afrika vir die toer gekeur. Die span word uit van die land se mees gesogte rugbyskole, soos Boland Landbou, Waterkloof, Affies, Garsfontein en Grey Kollege saamgestel.

Tydens die toer sal die span in drie toernooie in onderskeidelik Londen, Bath en Cardiff speel.

Henk van Deventer. Foto’s: Handré Homann / www.hhphotoxpress.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button